Voortrekkers maak monument skoon

Daar is onder streng toesighouding gewerk om te verseker geen skade word aan die erfenisbaken aangerig nie. (Foto: Verskaf)

Honderd lede van die Voortrekkers het Maandag van oor die land by die Voortrekkermonument saamgetrek om dié monument skoon te maak.

So is daar verseker die monument is reg om talle besoekers op Geloftedag dié week te ontvang.

Die groep jong seuns en meisies het die oggend op lere gespring om die friespanele met lappe en verestowwers versigtig blink te poets. Dit is die langste friespaneel in die wêreld wat nog heel is. Die 27 panele, wat die geskiedenis van die Groot Trek uitbeeld, is 91 m lank.

Daar is onder streng toesighouding gewerk om te verseker geen skade word aan die erfenisbaken aangerig nie.

Vloere is ook gevee en gewas, en ’n spannetjie het die senotaaf skoongemaak.

“Dit is baie lekker om ons erfenis te kan skoonmaak. En om dit nog saam met my vriende te kan doen, maak die dag baie spesiaal,” sê die 15-jarige Mila dos Santos.

Vloere is ook gevee en gewas, en ’n spannetjie het die senotaaf skoongemaak. (Foto: Verskaf)

“Dit is regtig ’n voorreg om hier te kan wees en met die projek te kan help. Wat dit nog meer spesiaal maak, is dat ek dit nie net vir myself doen nie, maar ook vir soveel ander mense wat die kultuurtuiste kom besoek,” voeg Emma van der Westhuizen (15) by.

Talisman Faerie Glen en Centurion het 12 lere geborg wat die Voortrekkers gebruik het om by elke hoekie te kon uitkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.