Vreemdeling leer hom das knoop

Die foto wat op sosiale media versprei is. Foto: www.newslinq.com

Die foto wat op sosiale media versprei is. Foto: www.newslinq.com

ʼn Foto van ʼn ouer man wat ʼn onbekende jong man op ʼn treinstasie in Amerika help om sy das te knoop, roer harte behoorlik op sosiale media.

ʼn Gebruiker van die sosialemediawebwerf Imgur, het op haar blad gesê sy het ʼn wonderlike toneel voor haar oë sien afspeel terwyl sy gewag het om ʼn trein te haal.

“ʼn Jong man het op ʼn bankie gesit en sukkel om sy das te knoop,” het sy geskryf. “ʼn Ouer dame het hom raakgesien en gevra of hy ʼn das behoorlik kan knoop. Toe die jonger man ‘nee’ sê, het sy haar eie man gevra om hom touwys te maak.”

Sy skryf die ouer man het sonder huiwering na die jong man geloop en hom gehelp. “Hy het dit gedoen sonder om twee keer te dink. Hy het hom stap-vir-stap verduidelik, en daarna gekyk hoe die jong man dit self doen om seker te maak hy kom reg.”

Die webwerf Newslinq het gesê só ʼn toneel is een wat hoop vestig. “Om te weet wanneer jy hulp nodig het en om hulp te aanvaar wanneer jy dit nodig het, is ʼn volwasse ding om te doen. Die twee mans het ʼn voorbeeld vir almal gestel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Neewat ·

En moontlik maak dieselfde jongman weer later oproer en plunder saam met BLM met seënwense en aansporing van Obama, Holder, Sharpton en Jackson

SNEL ·

Ja neewat, was nogal my gedagte ook, sulke goed werk seker net oorkant die water. Hier help jy hom vandag en neem jy hom onder jou vlerk, eet hy van jou tafel af en gaan soms selfs skool met jou geld en dan draai hy net om en maak jou dood of roof en plunder, want hulle moet mos alles net kry, en apartheid kry na 20 jaar nog steeds die skuld vir alles, daai perd gaan nog vir jare gery word, en daar is ou Jan van Riebeeck van 1652 self ook opgesaal en word hy gery. Suid Afrika is n land op sy eie, wat werk oor die water werk nie hier nie. Daai selfde prentjie hier op n stasie en altwee daai ou mensies is beroof, met n mes aangeval, een is dood en die ander een lê op sterwe en veg vir haar lewe, drie vingers gebreuk om trouring te steel en valstande is ook weg, want niks verder van waarde was in hulle besit nie, die kalprit is soek en skoon veld en geen haan kraai verder nie.

SkarrelKind ·

Ouens – het hierdie land julle so hard gemaak dat julle nie net bietjie kan toe gee en die positiewe hierin kan raaksien nie?

Leef soms in die oomblik.

Onder alle nasies en rasse en geslagte en gelowe is daar hier en daar goeie mense.

Laat die lig bietjie in man – demmit!

Kiepie ·

Ekskuus, ekskuus!!! Dit moet wees SNEL en Neewat in my vorige plasing. Jammer SkarrelKind dat ek jou ook betrek (maar ek bid sommer vir jou ook dat jou lig nog helderder sal skyn ;-) )

johann cb ·

Ons het nog só baie om te leer in hierdie land! Kom ons begin ook by sulke klein dingetjies en ons sal werklik ver kom. Ons móét saamstaan en mekaar help. Op welke wyse dit ook mag wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.