Vriende en troeteldiere – twee bestanddele vir ʼn aftrede-wenresep

(Foto verskaf deur RetireNow.co.za)

Sodra ʼn mens by al die veranderinge aangepas het, kan aftrede ʼn opwindende lewensfase wees: ʼn Tyd propvol geleenthede om te ontspan en om alles te doen wat jy nog altyd wou. Jy skaal af van die groot, duur-om-in-stand-te-hou-familiewoning met die groot tuin na ʼn pragtige, toesluit-en-ry leefstyl van gemak. Jy kan moontlik ʼn tweede loopbaan oorweeg, reis (met gemoedsrus, want jy weet jou huis is veilig) of al jou kleinseun se krieketwedstryde bywoon.

Net twee dinge kan hierdie prentjie nog rooskleuriger inkleur – vriende en troeteldiere. Die gewaardeerde verhouding tussen mens en dier en die ondersteuning van vriende, is veral belangrik vir afgetredenes wat ver van hulle familie is, of selfs met verloop van tyd moontlik hul vriendekring verloor het.

Lesley de Klerk, stigter van Paws For People Therapy Dogs, verduidelik hoe die verhouding tussen mens en dier veral relevant word wanneer eienaars siek word. “Hierdie individue het ʼn rede om uit te gaan en saam met ander lede van die gemeenskap met hulle honde te gaan stap. Die uitwerking kring wyer uit as net ʼn gevoel van samehorigheid; die afgetredene se gesondheid baat ook hierby. Studies toon dat individue wat interaksie met ons terapie-honde het, selfs minder pynmedikasie gebruik.”

Volgens dr. Mareanna le Roux, dosent aan die Departement Sielkunde by die Universiteit Stellenbosch en voorsitter van Pets as Therapy (PAT) Suid-Afrika, is die voordele van ʼn liefdevolle verhouding met honde te veel om te noem. Selfs verswaktes vind baat by ʼn troeteldier se teenwoordigheid. Dr. Le Roux sê: “Die teenwoordigheid en die kameraadskap van die troeteldier verbeter die eienaar se lewenskwaliteit aansienlik.”

Die uitdaging vir afgetredenes wat afskaal en na ʼn aftree-oord verhuis, is om ʼn oord op te spoor wat troeteldiervriendelik is. Ongelukkig is ʼn troeteldiervriendelike beleid by aftree-oorde in Suid-Afrika nie ʼn gegewe nie. Redes wat aangevoer word waarom aftree-oorde nie troeteldiere toelaat nie, sluit onder meer die lastige geblaf van honde, skerp skreeugeluide van voëls en katte wat rondloop en ander inwoners se eiendomme betree, in.

Thandizile Mtetwa, ʼn kliniese sielkundige en dosent aan die Universiteit van Pretoria se Departement Psigiatrie, sê dat kameraadskap in jou aftreejare lewensbelangrik is, ongeag of dit met ʼn troeteldier of met mense is.

Celebration-aftreelandgoed (Foto verskaf deur RetireNow.co.za)

Dit is maar een van die redes waarom ʼn aftreegemeenskap soos Celebration-aftreelandgoed so spesiaal is. Dit is Central Developments se twaalfde aftree-oord en is geleë oorkant die Northgate-inkopiesentrum in Johannnesburg. Deur jare se ondervinding in aftree-ontwikkeling het hulle geleer dat ʼn troeteldiervriendelike oord en ʼn gevoel van samehorigheid onder die inwoners belangrik is vir hul afgetrede inwoners se lewenskwaliteit.

Gerrit Brandow, direkteur van Central Developments, verduidelik: “Ons laat klein tipes honde in ons aftree-oorde se huise en grondvloer woonstelle toe, omdat ons besef hoe ʼn belangrike bydrae troeteldiere tot ons inwoners se fisieke en geestelike welstand lewer.”

“Ons poog ook om ʼn aftreegemeenskap, eerder as net nog ʼn ontwikkeling, te skep. Daarom bied ons fasiliteite wat mense in staat stel om saam te kuier en die buitelewe en mekaar se geselskap te geniet. So byvoorbeeld het Celebration se leefstylsentrum ʼn pragtige gemeenskaplike restaurant, asook ʼn ontspanningsaal vir verskeie sosiale aktiwiteite. Beide die twee- en viervoetige inwoners kan ook die wandelpaaie wat na 2.7 ha beskermde groen area lei, benut en die pragtige uitsig oor die aaneenlopende heuwels geniet.”

Wanneer jy dus aftree en jou opsies oorweeg, maak seker jy neem dié twee aspekte, wat dikwels oor die hoof gesien word, maar tog ʼn daadwerklike effek op jou lewenskwaliteit as ʼn afgetredene het, in ag. Celebration-aftreelandgoed se agt skouhuise is sewe dae per week van 09:00 tot 17:00 oop vir besigtiging en is beslis ʼn besoek werd. Verdere inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.