Vroue samel duisende rande in vir sanitêre ware

Donnalee Roberts (middel voor) en vriende by die Rebound-fiksheidsentrum. (Foto: Natalie Gabriels)

Meer as 55ִ 000 deelnemers het hope pret gehad terwyl hulle aan Spar se jongste virtuele padwedloop deelgeneem het, en boonop het hulle daarin geslaag om ʼn verdere R300 000 vir die liefdadigheidsprojek van die wedloop in te samel.

Die Spar Women’s Virtual Challenge het vanjaar besluit om sanitêre ware vir meisies aan te koop en te versprei om so te verseker dat hulle nie enige dae van skool misloop nie.

“Dit was wonderlik om die kameraderie tussen die vroue in vanjaar se uitdaging te sien; mense is uitgehonger om iets saam te doen en ʼn verskil te maak,” het Retha Ingenbleek, verteenwoordiger van Spar se noordelike streek en borgskapkoördineerder van dié uitdaging, gesê.

Ingenbleek het bygevoeg dit was wonderlik om te sien hoe deelnemers die padwedloop, wat vir die tweede keer weens die Covid-19-padwedloop virtueel aangebied is, in hulle eie omgewing hul eie gemaak het.

“Ons het deelnemers van sover as Namibië, Nieu-Seeland en Australië gehad en is selfs in Nieu-Guinee en Switserland ondersteun.

Ingenbleek meen die hoogtepunte van vanjaar se wedloop was die oop hande en harte van deelnemers.

“Ons het dit nie geadverteer of deelnemers gevra om bykomende donasies vir die liefdadigheidsprojek te maak nie. Dit was maar net ʼn ekstra skakel wat op die webwerf verskyn het waarop mense kon klik as hulle nog bydraes wou maak, maar ons het R300 000 op die wyse ingesamel.”

Glenda Karala in Soweto. (Foto: Reg Caldecott)

Ingenbleek het verder gesê mense kan reeds gereed maak vir 2022 se Spar Women’s Virtual Challenge.

“As inperkingsvlakke so verander dat ons weer groot byeenkomste kan hou, sal ons die padwedloop soos voorheen aanbied, maar ek voorsien daar sal altyd ʼn virtuele element ook wees.

“Ons het gevind van ons afgeleë winkels het hulle eie wedlope gehou. Dit beteken ʼn mens kan ʼn wedloop in Pretoria aanbied, maar Thabazimbi of Marble Hall kan nou ook sy eie padwedloop aanbied en mense byeenbring.”

Lesers kan die Spar Women’s Virtual Challenge se webwerf en Facebook-blad volg om op hoogte te bly van waar die skenkings uitgedeel word. Dit is ook hier waar jy ʼn boodskap kan stuur om Spar te laat weet van skole en meisies wat ʼn behoefte aan sanitêre ware het.

“Dit is vir Spar ʼn absolute voorreg om deel te wees van ons gemeenskappe en ʼn verskil te kan maak waar ons gemeenskappe lewe. Ons wil met die Spar Women’s Virtual Challenge se liefdadigheidsprojek nie net een keer nie, maar vir ʼn hele jaar ʼn verskil in meisies se lewens te maak deur sanitêre ware aan hulle te skenk en te verseker hulle loop nie ʼn dag van skool mis nie.”

  • Retha Ingenbleek van Spar het telefonies met Maroela Media gesels oor die sukses van die Spar Women’s Virtual Challenge en die reusebedrag wat deelnemers stil-stil vir die liefdadigheidsprojek van vanjaar se uitdaging ingesamel het. Luister na die volledige gesprek bo-aan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mallie ·

Wat word van die voorrade wat beskikbaar gestel word aan die meisies. Volgens gerugte gooi hulle fit weg want dit is nie wat hulle wil he nie.

Marius ·

Ek wou iets se maar wel gedaan aan die wat verskil wil maak mooi foto

AmY ·

Ek het ook bitter swaar groot geword. Skaars geld vir kos, want my pa is weg saam die ander vrou.
Toe begin ek los werkies doen. Ek het oor naweke kinders opgepas en bejaardes se inkopies (teen ‘n minimale bedrag) vir hulle gedoen.
Sodoende kon ek my eie sanitere ware gekoop het.
Ja, ek voel jammer vir hulle, want ek wéét waardeur hulle gaan. Maar ek het ‘n plan beraam.
Maar ek is bly dat daar vandag hulp is wat nie in mý tyd (die 80’s) daar was nie. .

Zombie ·

En daardie beginsel van selfhelp kon jy waarskynlik in baie ander aspekte van jou lewe ook toepas. Ek ag mense soos jy baie hoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.