VSA-egpaar spoor SA man se trouring op in Karibiese waters

Die ring wat sy op die Sandals Regency La Toc-oord opgespoor het (Foto: Facebook)

Die ring wat sy op die Sandals Regency La Toc-oord opgespoor het (Foto: Facebook)

ʼn Egpaar van Suid-Carolina in die VSA het die afgelope week tydens hul wittebrood op die Karibiese eiland St. Lucia ʼn verlore ring in die water opgespoor, min wetend dat dié ring aan ʼn Suid-Afrikaanse egpaar behoort.

Die egpaar, wat enkele dae gelede die knoop deurgehak het, het in ʼn inskrywing op sosiale media dié vonds gedeel en hulle Facebook-vriende aangemoedig om die inskrywing wyd en syd te deel.

Hulle was met hul wittebrood by die Sandals Regency La Toc-oord.

Die inskrywing is in minder as vyf dae meer as 139 000 keer op sosiale media gedeel.

Julie Campbell, die vrou wat die ring opgespoor het, het Woensdag op Facebook gesê die Suid-Afrikaanse egpaar het intussen met hulle kontak gemaak oor die ring.

“Hulle het die ring tydens ʼn familiewegbreek verloor. Die egpaar was besig om met hul kinders in die water te speel en toe die man ʼn bal vir sy seun gooi, het sy trouring van sy vinger geglip. Die egpaar woon in Suid-Afrika en sal binnekort hulle ring terughê,” het sy geskryf.

Die Suid-Afrikaanse egpaar was glo nié by die spesifieke Sandals Regenecy La Toc-oord nie, en die ring het vermoedelik van ʼn ander eiland met behulp van wind en weer “gereis”.

Julie sê dit is veral ʼn wonderwerk-storie omdat sy en haar man nie op die ander dae in die water kon gaan nie. “Die water was baie rof toe ons daar was, maar die dag wat ons die ring opgespoor het, was dit baie stil. Dis voorwaar ʼn bestiering.”

Bron: Facebook

Julie Campbell op haar troudag (Foto: Facebook)

Julie Campbell op haar troudag (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fransie ·

Wat ‘n mooi storie. Pragtige vrou en so bly vir die man se part dat hy sy ring teruggekry het. Voorwaar ‘n wonderwerk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.