Wanneer is die regte tyd vir ʼn kêrel of ʼn meisie op kampus?

Nadine Blom (Foto verskaf)

Jou lewensmaat is reeds vir jou uitgekies. Wanneer die tyd reg is, sal hy jou pad kruis en sal die Here hom vir jou stuur. Dit val nie almal te beurt om te kan gaan studeer nie – dis ʼn groot voorreg. Gebruik hierdie tyd om regtig te werk aan jou toekoms en te fokus op jou studies. Fokus op vriendskappe en maak herinneringe.

Maak seker dat jy fokus op die rede waarom jy op kampus is, dat jy fokus op dit waarvoor jy ingeskryf het, en jy uiteindelik sal kan sê: “Ek het my volle potensiaal bereik as student, ek het elke oomblik aangegryp.”

Daar is ʼn seisoen vir studentwees en ʼn seisoen vir trou en babas kry. Maak seker dat jy jou tyd op kampus ten volle geniet en benut.

Dié video is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.

Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.