Wat doen die Boufonds?

onsbou-solidariteit.jpg

Foto: Reint Dykema

[promosie-artikel]

Boufonds

Die Solidariteit Beweging besef die noodsaaklikheid vir goeie opleiding in skaars vaardighede, en dit is juis dié kwelpunt wat deur die Boufonds aangespreek word. Met die reeds bestaande Solidariteit opleidingsinstansies, Sol-Tech en Akademia, word jongmense die geleentheid gebied om die nodige kennis te bekom om as minderheidsgroep in ’n meerderheidsamelewing te kan floreer.

Bou aan ’n toekoms

Die Solidariteit Beweging het onlangs ’n fase, wat geskoei is op die beginsel en uitbouing van ‘Beter Werk’, geloods. Tesame met dié herposisionering is daar ook besluit om die destydse ‘Groeifonds’ na die ‘Boufonds’ te skakel omdat die vakbond glo dat die beste manier om sy lede in die nuwe, onsekere, ekonomie te beskerm, is deur kennis. Die nuwe Boufonds het ten doel om om te sien na juis dié behoefte van sy mense.

Solidariteit se plan

Met die oog op opleiding, het Solidariteit sy driejaar-opleidingsplan ten bedrae van R400 miljoen aangekondig. Die aankondiging sluit planne vir onderwys van laerskool tot universiteitvlak in. Deel van die beplanning behels die bou van ʼn nuwe opleidingskampus wat die tuiste van verskeie opleidingsinstellings sal wees. Solidariteit het ook aangekondig dat hy sy studiehulp aan sy lede en hul kinders in die volgende drie jaar tot R60 miljoen gaan uitbrei.

Doen self

’n Goeie werk verwys na ’n inklusiewe term wat jou as individu sekerheid bied oor die toekoms, jou ontwikkel as ’n mens en jou in staat stel om jou passie en roeping uit te leef. Ongelukkig bevind ons onsself tans in ’n posisie, as minderheidsgroep in ’n meerderheidsamelewing, waar dit nie altyd moontlik is om ’n goeie werk te bekom en te behou nie. Aanslae van die regering en sy idealistiese doelwitte maak dit vir ons al hoe moeiliker om steeds daardie werk te hê:

  • Met hierdie realiteit wat ons in die gesig staar, beywer die Solidariteit Beweging hom weereens daartoe om volgehoue selfdoeninstansies te vestig, met die doel om die volgende geslag op te hef en in ’n beter posisie te plaas.
  • Die Beweging reik na hoër hoogtes en is besig om ’n internasionale voorloper in die wêreld van vakbondwese te word, want saam kan ons ’n toekoms bou wat vry, veilig en voorspoedig vir almal kan wees.

Jý kan die Solidariteit Beweging help om aan ʼn beter toekoms te bou. SMS die woord ONSBOU na 34802 (SMS’e kos R2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.