Weldoeners span saam vir kanker-kleuter se behandeling

Darius, Imke en Ilona (Foto: Facebook via Prayers for Imke)

Darius, Imke en Ilona (Foto: Facebook via Prayers for Imke)

Dit was sekerlik een van die grootste massa-geldinsamelings nóg. Darius en Ilona Geldenhuys van Tzaneen in Limpopo het vandeesweek gehoor dat hulle eindelik genoeg geld het om klein Imke, wat al sedert die begin van die jaar ʼn stryd teen kanker voer, na New York te neem vir haar spesiale kankerbehandeling.

Die Geldenhuys-gesin het Donderdag in ʼn verklaring gesê hulle staan steeds in verwondering oor die groot mate van ondersteuning wat hulle ontvang het.

Maroela Media het vroeër berig die gesin benodig bykans R10 miljoen om Imke (4) vir immunoterapie na die Memorial Sloan Kettering-kankersentrum in New York te neem.

Imke is in Februarie vanjaar met hoërisiko-neuroblastoom gediagnoseer – ʼn gewas wat hoofsaaklik by kinders tot op die ouderdom van vyf jaar voorkom.

Darius, Imke en Ilona (Foto: Facebook via Prayers for Imke)

Darius, Imke en Ilona (Foto: Facebook via Prayers for Imke)

Suid-Afrika het egter hande gevat om dié gesin te help om vroegtydig die bedrag in te samel. Verskeie besigheidskenkings, onder meer groot skenkings en projekte deur die organisasie DebtSafe, ʼn trustfonds en selfs pannekoekverkope en projekte wat deur verskeie skole van stapel gestuur is, het meer as $535,835 (bykans R8 miljoen) vir die gesin verseker. Die gesin het selfs skenkings van kinders se sakgeld ontvang.

DebtSafe het onder meer ook in Julie op hul fietse gespring om die pad tussen Pretoria en Tzaneen aan te durf om verdere fondse langs die pad in te samel.

Die gesin vlieg ook gratis met die reisagentskap Travel with flair, en die gesin se verblyf is deur ʼn weldoener van die VSA betaal. Dié onbekende weldoener het ook die res van die nodige geld vir die behandeling aan die gesin betaal.

Ilona het vroeër vertel die gesin is aangedaan oor weldoeners se skenkings, en sê sy staan elke dag steeds in verwondering oor God se genade. “Vir ander kwessies sukkel ʼn mens dikwels om baie kleiner bedrae geld in te samel, maar mense van oor die hele land het net ingespring om ons te help. God is groot en ons is ongelooflik dankbaar,” het sy gesê.

Imke is reeds voorberei op die immunoterapie en die gesin vertrek op 17 September na New York. Die behandeling sal na verwagting op 20 September begin, en Imke sal vyf behandelings, een keer per maand, ondergaan.

Vir nuwe inligting oor die gesin, besoek #PrayersForImke se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Welgedaan!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Vader sorg. Alle voorspoed en word gesond.

Mien ·

En ons kan bid vir Imke, haar familie en die mense wat haar gaan behandel. Dan is dit ‘n gedugte span.

3na ·

Ag dis wonderlike nuus!! Nou moet SA net saamstaan en genoeg insamel om baba Caylum in Boston te kry vir sy life-saving operasie …

Tannie Ans ·

Prys Die Here ek is so bly Imkies gaan nou haar behandeling kry dit is nou al baie lank wat ons ou poppie so suffer Sterkte aan jul as ouers ons dink aan julle en bid nog steeds en glo en vertrou alles sal ten goede uitwerk vir julle Liefde soentjies vir Imkies xx

Wilmien ·

Alle EER aan ons HEER !
Baie sterkte aan die hele gesin, hou ons asb op hoogte van haar vordering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.