Welsynswinkel maak regruk vir lente maklik

Lizel en Anton Smith, eienaars van Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkels in Centurion en Pretoria-Oos. (Foto: Verskaf.)

“Dit is heerlike lente en met ’n nuwe seisoen wat wink, is dit weer tyd vir die groot skoonmaak en om ontslae te raak van al die onnodige goed in jou huis, motorhuis of kantoor.”

Só sê Alet Robbeson, hoof-operasionele bestuurder van Helpende Hand se Ons Winkels, wat pas die eerste aanlyn winkel van sy soort bekendgemaak het.

“Om jouself vir die lente reg te ruk, klink dalk na ’n reusetaak, maar Helpende Hand se nagenoeg 70 welsynswinkels landwyd maak dié takie soveel makliker. Mense kan nou ook vanuit die gemak van hul huis aanlyn in ons welsynswinkels vir oudhede en ander winskopies rondsnuffel,” het sy gesê.

Robbeson verduidelik Ons Winkels dien as ’n plek waar mense ou klere, huisware, sporttoerusting of enigiets wat in die pad staan vir liefdadigheid skenk. Die skenkings en verkope daarvan word dan weer direk in die gemeenskap teruggeploeg.

Sy sê met die skenkings wat Ons Winkels ontvang, help Helpende Hand waar die ander nie sien nie.

“Wees gerus en vertrou ons met jou skenking dat dit wel die regte saak ondersteun. Stap bloot net by jou naaste winkel in en koop of skenk iets. Dit is die ideale manier om van oorbodige goedere ontslae te raak en te weet dit gaan deur Helpende Hand se gevestigde strukture reg aangewend word om ’n verskil in die gemeenskap te maak. Deur Ons Winkels te ondersteun, skep mense ook werkskepping in hul gemeenskap.”

Waar dit moontlik is, kan Ons Winkels met skenkers reël dat goedere by hul huise of kantore opgelaai word. Besoek www.onswinkel.co.za vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.