Wen: Bederf ouma en oupa met ʼn paar skaapwolpantoffels

(Foto: Slaapstad)

ʼn Ouma en ʼn oupa is darem twee lekker mense om in jou lewe te hê. Hulle het altyd ʼn oor om na jou te luister, ʼn skoot waarop jy kan sit, wyse raad om jou te help en daar is gewoonlik ʼn laai waar mens enige tyd lekkergoed kan kry.

Dis ʼn groot bederf om ʼn ouma en ʼn oupa te hê en hierdie jaar, op Ouma en Oupadag op 12 September, is dit jou kans om hulle te bederf met die lekkerste paar skaapwolpantoffels!

Slaapstad wil een gelukkige Maroela-leser vanjaar met twee stelle skaapwolpantoffels bederf wat jy vir die oupa en ouma in jou familie kan gee.

Slaapstad laat jou ontspan en uitspan met lekker gemaklike skaapwolpantoffels. Bly warm en snoesig in Slaapstad se wye reeks skaapwolpantoffels wat beskikbaar is in verskillende style en groottes!

(Foto: Slaapstad)

Slaapstad se pantoffels is gemaak van 100% wol met egte suede bo en EVA-sole om bykomende gemak te verseker. Die pantoffels is geskik vir mans en dames. Hulle is trots daarop om wolpantoffels van goeie gehalte te verskaf wat met spesiale sorg en kundigheid gemaak is waarmee kliënte werklik tevrede is.

Slaapstad-pantoffels is ʼn trots Suid-Afrikaanse produk.

Daar is drie tipes wolpantoffels vir mans en dames in drie kleure (grys, karamel en sjokolade) beskikbaar.

  • Cosy Slipper
  • Fancy Slip-on Slipper
  • Easy Slip-on Slipper

Jy kan boonop Slaapstad-geskenkbewyse aanlyn koop vir enige spesiale geleentheid.

Vir meer inligting en om jou bestelling te plaas besoek Slaapstad hier:
Webwerf: https://slaapstad.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/Slaapstadct
Instagram: https://www.instagram.com/slaapstad_ct/?hl=en

WEN

Bederf ouma en oupa dié jaar met Ouma en Oupadag op 12 September elkeen met ʼn stel spesiale Slaapstad-skaapwolpantoffels. Stuur jou inskrywing voor 11 September aan ons om seker te maak dat jy in aanmerking kom vir dié wonderlike prys ter waarde van ongeveer R1 500.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Inskrywings vir die kompetisie sluit op 11 September 2022 om 23:45.
  • Die wenner sal op Ouma en Oupadag op 12 September 2022 op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die wenner sal telefonies en per e-pos deur Maroela Media gekontak word.
  • Indien jy die wenner is, sal jou skrywe op Maroela Media in die wenner-artikel gepubliseer word.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Die wenner se kontakbesonderhede sal met Slaapstad gedeel word om seker te maak dat die prys aan jou versend kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.