Wen: BondiBlu terug om nuwe herinneringe te maak

Morné Steyn met sy BondiBlu-sonbrille. (Foto: Verskaf)

BondiBlu International se handelsmerk het nuwe lewe in hulle sonbrille geplaas, betyds om Nasionale Sonbrildag op 27 Junie te vier.

Johan van Greune, BondiBlu International se bemarkingsdirekteur, meen dié dag help om die belang van oogsorg, ook selfs in die winter, te beklemtoon.

“Dit is lankal nie meer net in die somer wat ons na ons oë moet omsien nie. Die winter kan droë, geïrriteerde oë veroorsaak. Sonbrille kan help om jou oë te beskerm as jy buite is op ’n koue, winderige dag.”

Volgens Van Greune vergeet mense dat die son nog steeds ultravioletstraling uitstuur wat die oog se kornea, lens en ander dele insluitend die vel van die ooglede, kan beskadig.

“Sonbrille is nie net ’n modebykomstigheid of gemaak vir fietsry nie. Dit is deel van jou daaglikse lewe. Soos jy jou selfoon en sleutels neem as jy by die huis uitgaan, moet jou bril ook saam met jou gaan,” sê hy.

Met meer stofpartikels in die lug tydens die droë wintermaande beskerm sonbrille die oog teen ongewensde deeltjies in die oog. Oë benodig net die regte hoeveelheid lig vir ’n goeie sig én gesondheid op die duur. Te min lig is net so sleg soos te veel.

“BondiBlu International het ’n bril vir elke geleentheid, en gesigvorm. Ons wil met elke oomblik daar wees; in die voertuig op pad skool toe, op pad winkels toe, saam met jou op jou fiets,” sê Rohan Neethling, uitvoerende hoof van BondiBlu International.

(Foto: Verskaf)

Span entrepreneurs blaas lewe in plaaslike handelsmerk

(Grafika: Verskaf)

BondiBlu het in 1992 in Suid-Afrika ontstaan en is pas oorgekoop deur ’n dinamiese jong span entrepreneurs wat hierdie erfenis wil laat voortbestaan deur hul innoverende bestuurstyl.

Vandag het BondiBlu International regte in die VSA, Europa en Australasië. Dié handelsmerk word ook in Namibië, Botswana, Mauritius en Australië verkoop.

“Ons is ook tans besig om in lande soos die Verenigde Koninkryk, Nederland en Nieu-Seeland uit te brei en ons doel is om BondiBlu wêreldwyd te versprei,” sê Van Greune.

Twee van die nuwe direkteure, Marcel en Johna Muller, werk al onderskeidelik 15 en 20 jaar by BondiBlu en sê hulle is baie opgewonde oor die nuwe pad wat voorlê.

“BondiBlu is terug met mening en ons sit baie werk en navorsing daarin om met die kwaliteit van duur sonbrille te vergelyk, maar dit teen ’n mededingende prys in die mark bekend te stel,” sê die Mullers.

“Meeste van dié wat in die 1970’s tot die 1990’s grootgeword het, se eerste bril was ’n BondiBlu en almal sal saamstem, dit was die hoogtepunt van die Desembervakansie.”

BondiBlu International se sonbrilreeks is vandag in 1 000 afsetpunte in Suid-Afrika verkrygbaar. Daar is ’n groot verskeidenheid vir volwassenes en kinders beskikbaar. Kry jou gunsteling by Dischem, Sportsmans Warehouse, Arrie Nel Apteek, Wildman en vele onafhanklike winkels.

Vir meer inligting oor oogsorg en die BondiBlu International-reeks, besoek die webwerf en volg hulle op Facebook en Instagram.

(Foto: Verskaf)

En die wenners is!

Baie geluk aan Danie Smit, Anton van Wyk, Jaques Venter, Louisa Smith, Zanda Norval en Hannie Erasmus wat elkeen ’n sonbril met die komplimente van BondiBlu International wen. Hou Maroela Media dop vir nog heerlike kompetisies en kanse om te wen.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit Sondag 4 Julie om 23:45.
  • Wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna die wenners deur Maroela Media gekontak sal word.
  • Indien enige van die betrokke persone nie binne 24 uur reageer nie, sal ʼn volgende wenner aangewys word en die oorspronklike wenner sal die prys verbeur.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media se webwerf en Facebook-blad bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Slegs plaaslike inskrywings sal vir die sonbrille oorweeg word. Lesers wat hiervoor in aanmerking wil kom moet ʼn Suid-Afrikaanse adres verskaf.
  • Die kompetisie is in samewerking met BondiBlu International wat die pryse verskaf en die versending hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.