Wen: Comrades-wenner ontwerp Monopoly-bordspel

Die Comrades-Monopoly-bordspel is ter viering van die Comrades-marathon se eeufeesjaar ontwerp. (Foto: Verskaf)

Om die Comrades-marathon te hardloop en dalk nog te wen is nou binne enige atleet, of self rusbankdeelnemer, se bereik met ʼn spesiale Monopoly-eeufeesweergawe wat onlangs bekendgestel is.

Vanjaar is die 100ste bestaansjaar van die Comrades-marathon, ook die wêreld se grootste en oudste ultramarathon. Daarom is die bekendstelling van die Comrades Marathon Eeufees Monopoly-bord net betyds om die eeufeesjaar van dié alombekende wedloop te vier.

Die ontwikkel van ʼn Comrades-Monopoly-bordspel is te danke aan Leon Swanepoel, uitvoerende direkteur van Sportsvendo HUB en tweemalige goue-medaljewenner in die Comrades, wat die geleentheid raakgesien het.

Swanepoel het ʼn paar jaar gelede opgemerk dat Monopoly sy gewilde bordspeletjie saam met ander bestaande handelsmerke en interessante geleenthede begin vervaardig het.

“Dit het my opgeval dat die Comrades-marathon die perfekte tema vir ʼn Monopoly-bordspel kan wees,” sê hy. “Die moontlikheid het dadelik my belangstelling geprikkel en net daar het ek ʼn versamelaar van Monopoly-bordspeletjies geword.”

Daar is meer as 1 000 verskillende soorte van dié gewilde eiendomhandelbordspeletjie wat temas soos flieks, kunstenaars, geskiedenis, kleinhandelaars en sterk handelsmerke oor die algemeen insluit. Swanepoel besit self bykans 200 verskillende borde.

Die ontwikkel van ʼn Comrades-Monopoly-bordspel is te danke aan Leon Swanepoel, uitvoerende direkteur van Sportsvendo HUB en tweemalige goue-medaljewenner in die Comrades. (Foto: Verdkaf)

“Nadat ek met navorsing begin het, het ek agtergekom dat die Comrades-marathon en die Monopoly-bordspel bekende landmerke insluit. Ek het ook besef dat geen stadsmarathon of padhardloopwedloop al ooit vir ʼn Monopoly-tema gebruik is nie,” verduidelik Swanepoel.

Tydens ʼn vergadering met die Monopoly-span in Londen het Sportsvendo die regte bekom en vandaar is die bordspel in Suid-Afrika ontwerp.

“Monopoly is baie streng met hul riglyne en jy kan ook nie sommer net enige ding verander nie. In ons geval het die skuiwers en die “gaan tronk toe”-blokkie dieselfde gebly.”

Die Comrades Marathon Eeufees Monopoly-bord is ontwerp ooreenkomstig die tradisionele Monopoly-bord waar die eiendomme begin met minder duur en eindig met peperduur.

Swanepoel meen dat dié bordspel veral spesiaal sal wees vir Comrades-atlete. “Vir almal wat al aan die wedloop deelgeneem het, sal hierdie bord sekerlik ʼn paar herinneringe wakker maak. Maar eintlik kan enigiemand, selfs diegene wat nooit aan die marathon deelgeneem het nie, dit op ʼn manier ervaar.”

Die Comrades-marathon se rigting wissel elke jaar tussen Durban en Pietermaritzburg en dit sou vanjaar ʼn “afwaartse” wedloop gewees het wat in Pietermaritzburg begin en in Durban eindig. Ongelukkig het die Covid-19-pandemie die 2021-wedloop in sy spore gestuit.

Monopoly-bordspeletjieliefhebbers en Comrades Marathon-entoesiaste kan uitsien na die volgende op die bordspeletjie:

  • Bakens op die “afwaartse” wedloop – met ander woorde begin in Pietermaritzburg en eindig in Durban.
  • Baanrekords vir die “afwaartse” wedloop (mans/vroue), sowel as vinnigste buitelandse hardlopers op die “afwaartse” wedloop (mans/vroue) as die duurste eiendomme, is gebruik.
  • Die twee tradisionele belastingplekke is vervang met twee afsnytye op die “afwaartse” wedloop – dit strook met boetes.
  • Vir die vier tradisionele reisplekke is vier van die vorige “afwaartse”-eindpunte in Durban gebruik.
  • Vir die twee tradisionele nutseiendomme is die Comrades Marathon House en die Comrades-marathon-eremuur gebruik. Daar word na hierdie twee eiendomme verwys as “Comrades Marathon Visitor Sites”.
  • Die Kans- en Gemeenskapskaskaarte- en -vrae is genoem “Opwaarts” en “Afwaarts”, met marathon-verwysings in elke opdrag.

Die Comrades Marathon Eeufees Monopoly-bord. (Foto: Verskaf)

Sportsvendo het ook die gewilde Colour Run-reeks en suksesvolle Warner Bros. Justice League Virtual Run-reeks aangebied. Meer as 1 000 sportbyeenkomste is reeds deur Sportsvendo georganiseer met sommige byeenkomste wat ook in verskeie vorige jare finaliste van die Sportbedryftoekennings was.

Besoek die Comrades Marathon Eeufees Monopoly-bord se webwerf om meer oor die speletjie te wete te kom.

Skryf nou in

Drie lesers staan die kans om elk ʼn Comrades Marathon Eeufees Monopoly-bord te wen. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 2 Desember om 23:45.

  • Beantwoord die vraag

  • Jou inligting

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit 2 Desember om 23:45.
  • Wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna die wenners deur Maroela Media gekontak sal word.
  • Indien enige van die betrokke persone nie binne 48 uur reageer nie, sal ʼn volgende wenner aangewys word en die oorspronklike wenner sal die prys verbeur.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Slegs plaaslike inskrywings sal vir die bordspeletjie oorweeg word. Lesers wat hiervoor in aanmerking wil kom, moet ʼn Suid-Afrikaanse adres verskaf.
  • Maroela Media is nie verantwoordelik vir die versending van wenners se pryse nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.