Wen een van 10 e-boeke en skryf jou eie lewensverhaal

(Foto verskaf)

Elke mens het ʼn unieke storie om te vertel. Stories en gebeurtenisse uit jou klein- en jongmenstyd. Skryf dit nou neer en laat jou nageslag lekker daaraan lees!

Hulle kan lekker lag oor jou kattekwaad en manewales, jou sportprestasies geniet, verstom staan oor jou kuier en aanlêdae en sommer net alles wat lekker was.

Die Write Your Own Life Book-app help jou met die skryf van jou storie. Die app vra die vrae en jy beantwoord dit – in jou eie styl, met spelfoute en al. Jy kry ʼn geheime PIN-kode sodat jou storie ʼn geheim bly totdat jy dit beskikbaar stel, deur dit óf vir iemand te gee óf deur die PIN-kode in jou testament beskikbaar te stel.

Jan kan self kies of jy dit op ʼn rekenaar, tabletrekenaar of slimfoon wil neerpen. Jy kan dus enige tyd en op enige plek verder aan jou verhaal skryf.

Hierdie app is ʼn eg Suid-Afrikaanse produk, in Afrikaans en Engels beskikbaar en is ook baie bekostigbaar. Kry dit vir jouself, jou ouers, jou kinders, jou skoonfamilie en laat elkeen begin om hul eie lewensverhale neer te pen. Jy kan ook ouer mense help om hulle stories te skryf.

Gratis proeflopie

Onseker hoe dit werk? Klik hier om die app af te laai as jy ʼn Android-toestel het of klik hier om die webwerf te besoek. Jou gratis proeflopie sluit 20 vrae in om jou aan die gang te kry. Daarna kan jy meer as 8 000 vrae ontsluit om jou lewensverhaal te skryf!

Indien jy ʼn Apple-toestel het, kan jy solank jou lewensverhaal op die webwerf begin. Sodra die App Store die app goedgekeur het, sal jy die app kan aflaai en jou inligting sal van die webwerf af na jou app oorgedra word. Maklik!

10 e-boeke te wen

Tien gelukkige Maroela-lesers, wat die proeflopie aangepak het, staan die kans om gratis toegang te kry om jou hele lewensverhaal te kan skryf! Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 31 Januarie 2022. Voltooi die vorm hier onder en laai solank die app af – wie weet, dalk is jy een van die gelukkige wenners! Só gratis e-boek se waarde beloop R990.

  • Laai die app af (klik hier vir Android en klik hier vir die webwerf)
  • Vul die vorm in en staan die kans om as een van die wenners aangewys te word!

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 31 Januarie 2022 om 23:45.
  • Die wenners sal in die eerste week van Februarie bekendgemaak word.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Indien jy op die webwerf of deur die app begin om jou lewensverhaal te skryf, staan jy ʼn groter kans om uiteindelik as een van die wenners aangewys te word.
  • Maroela Media sal die wenners kontak en hulle toestemming bekom om hul persoonlike inligting met Write Your Own Life Book te deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.