Met R100 kan jy nie net help om ʼn behoeftige kleuter kos te gee nie, jy staan ook die kans om lekker pryse te wen wat enige jagliefhebber se hart vinnig sal laat klop.
#HelpJag, ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand, vier vanjaar sy vierde bestaansjaar. Om dié geleentheid te vier is die Gaan Bos met HelpJag-kompetisie van stapel gestuur om fondse vir dié voedingskema in te samel om te sorg dat 8 000 kinders daagliks ʼn gesonde bord kos kry.
“Dit is hartverskeurend hoeveel kinders afhanklik is van ’n ete by die skool as hul primêre ete vir die dag,” sê Margolé Riekert, Helpende Hand se projekorganiseerder van HelpJag. “Sedert #HelpJag in 2018 begin is om Helpende Hand se voedingskemas aan te vul met ʼn goeie, goedkoop bron van proteïene, is meer as 70 ton vleis reeds deur ruimhartige jagters geskenk. Die verwerking van die vleis en verspreiding daarvan bly egter ʼn uitdaging en daarom hoop ons dat die kompetisie genoeg fondse sal genereer om daarvoor te betaal.”
Die pryse wat gewen kan word is:
- ʼn Triggercam 2.1 en sakkie ter waarde van R8 700
- ʼn Heerlike jagnaweek vir twee mense na Berchtesgaden Game Ranch naby Vaalwater. Etes vir die Saterdag, die jag van ʼn rooibok en ʼn pamperlangsessie by die dagspa is by die prys ingesluit. Meer gaste kan saamkom teen ʼn spesiale korting van 25%. Ekstra wild kan geskiet word op eie rekening. Die prys moet voor 31 Oktober 2021 gebruik word.
- Een van 10 Bakkies the Butcher-geskenkpakke
- Een van 10 digitale subskripsies vir Wild & Jag
Neem só deel aan die gelukkige trekking
Besoek www.helpjag.co.za en voltooi die inskrywingsvorm, waarna jy ʼn unieke nommer gaan ontvang wat jy dan gebruik as verwysing wanneer jy die inskrywingsfooi betaal. ʼn Inskrywing kos R100. Die kompetisie sluit op 15 Augustus 2021 waarna die gelukkige trekking sal plaasvind. Wenners sal telefonies in kennis gestel word
Bepalings en voorwaardes geld.
- Een van die pryse is ʼn jagnaweek vir twee na Berchtesgaden Game Ranch naby Vaalwater in Limpopo
- Een van die pryse is ʼn Triggercam 2.1 en sakkie ter waarde van R8 700
- Jy staan die kans om een van 10 digitale subskripsies vir Wild & Jag te wen
- Jy staan die kans om een van 10 Bakkies the Butcher-geskenkpakke te wen