Wen: Kom vier die liefde saam met Kurt Darren, Demi Lee

(Grafika: Verskaf)

Wonder jy nog hoe om jou geliefde hierdie Valentynsdag te trakteer? Maroela Media het 20 kaartjies om weg te gee vir die eerste Valentyns Gaan Global-konsert waarmee die liefde met die mooiste liefdesliedjies hierdie Sondag gevier word.

Kurt Darren, Demi Lee Moore, Ray Dylan, Liezel Pieters en Ricus Nel is die sangsterre wat ʼn gehoor wêreldwyd sal verenig met 20 ikoniese liedjies in ʼn twee uur lange viering die liefde. Die regstreekse uitsending skop om 16:00 op 14 Februarie af en word beplan as ʼn gechoreografeerde temakonsert.

Skep ʼn onvergeetlike aand tuis met net die twee van julle wat makietie hou op die maat van die grootste liefdestreffers van alle tye. Kaartjies hiervoor kan bespreek word by iTickets.com en kos R200 per paar.

Of paartjies kan kies om dié besonderse konsert regstreeks op die silwerdoek te beleef in uitgesoekte NuMetro-teaters in Menlyn Park, Pretoria; die Clearwater Mall in Roodepoort of Canal Walk in Kaapstad. Kaartjies hiervoor kan direk op NuMetro se webwerf bespreek word.

Demi Lee Moore. (Foto: Willem Botha)

Watter opsie kykers ook al verkies, Valentynsdag 2021 is die geleentheid van ʼn leeftyd om daardie spesiale persoon in jou lewe te verras met die volmaakste geskenk: ʼn Asemrowende twee uur lange skouspel regstreeks gestroom as ʼn viering van elke aspek en dimensie van die liefde.

Valentyns Gaan Global is dalk net die geleentheid wat 14 Februarie in die mees romantiese rooiwarm dag en datum kan omskep. Die baanbrekerskonsert gaan nie net jou ore en hart met musiek vul nie, maar saam met die kaartjies kan kykers ʼn pragtige verpakte Valentynsdag-kosbord by www.viseronline.com bestel. Dié ervaring sal immers nie volmaak wees sonder ʼn watertand verskeidenheid van die keurigste happiegrootte versnaperinge om aan te knibbel terwyl julle die musiek geniet nie.

Die konsert word aangebied deur Blue Banana Events, een van Suid-Afrika se voorste geleentheidbestuursmaatskappye, en dieselfde produksiespan wat in 2020 die Afrikaans Gaan Global en New Year’s Goes Global-konserte aangebied het. Valentyns Gaan Global is net die eerste in ʼn reeks spesiale leefstylprogramme wat dié voorslagspan vanjaar regstreeks gaan stroom.

Konsertkaartjies is te kry teen R200 per paar by iTickets.com. Kry jou toegangskakel na Valentyns Gaan Global met net een skakel. Lees ook meer oor die konsert op Afrikaans Gaan Global se Facebook-blad.

Baie geluk aan die volgende wenners wat elk ‘n kaartjie gewen het om dié konsert op Sondag 14 Februarie aanlyn te kyk: Riana van der Westhuizen, Carol Haupt, Eugene Steyn, Pieter Pretorius, Madelaine du Plessis, Belinda Nigrini, Charnell Steyn, Chantal Richards, Lollie Olivier, Yvonne van der Merwe, Chris Liebenberg, Monica van der Schyff, Silenta La Cock, Melvin Crous, Marti Pretorius, Hugo Riekert, Isabel van Niekerk, Anton Roux, Adele Erasmus en Heidi Potgieter.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit Vrydag 12 Februarie om 10:00
  • Die wenners sal lukraak ná die sluitingsdatum gekies word waarna die wenners op e-pos deur Maroela Media gekontak sal word.
  • Wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.