Wen met jou skool se unieke karakter

affies-meisies-01

By die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria is die reusagtige pienk Chinese kapokboom so ’n “onthou”-simbool, sprekend van die meisies se vroulikheid, verfyndheid en statigheid. Die boom simboliseer vir sommige ook kreatiwiteit en prestasie. Foto: Verskaf.

Elke skool het sy eie karakter, tradisies en simbole wat uniek is aan die skool. Dit is die gevoel wat jy kry wanneer jy by jou skool of alma mater instap, of die beeld wat by jou opkom wanneer jy dink aan jou skooldae.

By sommige skole word die karakter gevestig deur argitektuur, tuinbou of die meubilering van die skool. ’n Kenmerkende baken op die terrein, eie aan daardie skool, dien soms as simbool van die skool se waardes en doelwitte. Hierdie simbole word dikwels jare lank deur leerders onthou en vergestalt ʼn gevoel van leer en tradisie. Dit skep positiewe sosiale interaksie wat leerders se verbintenis met die skool versterk.

Voorbeelde:

  1. By die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria is die reusagtige pienk Chinese kapokboom so ’n “onthou”-simbool, sprekend van die meisies se vroulikheid, verfyndheid en statigheid. Die boom simboliseer vir sommige ook kreatiwiteit en prestasie.
  2. Voor die Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank staan ’n ou ossewa, ’n simbool van deursettingsvermoë, durf en verkenningslus van ons voorvaders.
  3. Die ruim onderdakstoepe waarop elke onderrigfase van Midstream Kollege se klasse uitloop, skep ’n natuurlike ruimte vir sosialisering. Hierdie stoepe word gebruik vir “saal”-byeenkomste, uitstalling van klasse se spogwerk, pousepret en entrepreneursmarkte wat nie kan uitreën nie.
hs-generaal-hertzog-01

2. Voor die Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank staan ’n ou ossewa, ’n simbool van deursettingsvermoë, durf en verkenningslus van ons voorvaders. Foto: Verskaf.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is op soek na dít wat die wese van Afrikaanse skole beïnvloed en uitbeeld. Stuur ’n foto en kort beskrywing van dít wat jou skool se karakter die beste uitbeeld en wen ’n midweek-vakansie na Santana in Margate.

Jou skool het ook ’n kans om ’n geskenkbewys van R2 000 by Mr Price Home te wen.

Inskrywings moet die volgende bevat:

  • Naam van die skool;
  • Duidelike hoëresolusie-foto(’s) van dít wat eie en uniek aan die bepaalde skool is;
  • Beskrywing (± 100 woorde) hoe dit die skool se identiteit/kultuur/karakter verteenwoordig.

Stuur inskrywings na [email protected] voor of op 10 September 2019. Die SOS sal ’n kortlys van skole opstel en lede van die publiek sal dan vir hul gunstelinginskrywing kan stem op sosiale media.

Volg die SOS se Facebook-blad vir meer inligting oor die fotokompetisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Azil ·

Dis “n uitheemse boom wat water opsuip. Alien wat vernietig moet word. Mense kyk vas teen mooi vs wat die werklikheid is … plant inheems. Die grand mense gee net om vir die “look’ . Geen idee watse skade dit berokken nie. Hoe plastiek/last season is die mense van Tshwane nie. Kom by en gee im vir jou imgewing ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.