Wen ʼn Bernina-naaldwerkmasjien ter waarde van R25 000

Die Bernina 325 (Foto verskaf)

Alhoewel die Bernina 325 die intreemodel in die reeks is, is dit gelaai met die nuutste tegnologie en die duursame kwaliteit verseker dat daar geen beperking is om jou kreatiewe idees te realiseer nie. Met 97 stikpatrone, vier-stap-knoopsgat en verskeie toebehore wat standaard ingesluit is, is daar geen einde aan jou skeppingsvermoë nie.

Vir jou gemoedsrus word Bernina-masjiene gerugsteun deur ʼn vyf jaar, internasionale, meganiese waarborg.

Word deel van die Bernina-familie!

Bernina Switserland (Foto verskaf)

Sedert 1893 het Bernina Switserland met passie daarop gefokus om naaldwerk-, omkap- , kwilt- en borduurmasjiene van hoogstaande gehalte te ontwikkel. Hier is ʼn paar redes hoekom jy moet deel word van die Bernina-familie:

  • Gehalte en tradisie

As ʼn familiebesigheid in sy vyfde generasie, poog Bernina om te verseker dat jou skeppings kan realiseer met die beste tegnologie beskikbaar. Daar is niks wat stik soos ʼn Bernina nie – gewaarborg deur meer as 125 jaar se tradisie.

  • Volgehoue ondersteuning

Bernina vervaardig produkte wat hulle eienaars vir baie jare van betroubare diens en gehalte stikwerk verseker. Wanneer dit kom by gemoedsrus, is Bernina die antwoord.

  • Internasionale waarborg

Bernina-masjiene word ontwerp om jou jare van gelukkige en produktiewe stikwerk te verseker. ʼn Internasionale waarborg op nuwe Bernina-produkte, sal jou volkome gemoedsrus gee.

  • Persoonlike advies

ʼn Bernina-eienaar geniet voordele soos opleiding en ondersteuning van ʼn Bernina-handelaar. Die Bernina-handelaar sal jou raad gee oor die produkte en toebehore wat jou behoeftes die beste aanspreek en sal ook vir jou van tegniese rugsteun voorsien.

Moenie langer uitstel nie – word deel van die Bernina-familie en begin om jou kreatiwiteit ʼn werklikheid te maak!

  • Skryf in vir die Bernina-nuusbrief en bly ingelig oor nuwe produkte, naaldwerk tendense, promosies en projekte
  • Laai die Bernina-app af en wees 24/7 gekoppel
  • Besoek die Bernina-blog en wees deel van die internasionale naaldwerkgemeenskap met idees, projekte en patrone
  • Skryf in vir die “Inspiration”-nuusbrief en ontvang elke maand ʼn gratis patroon

Wen

Bernina wil een Maroela Media-leser bederf met ʼn Bernina 325 ter waarde van R25 000! Beantwoord die maklike vraag en voltooi die vorm voor 8 Mei 2022 om in aanmerking te kom vir dié wonderlike prys.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum van die kompetisie is 8 Mei 2022 om 23:45.
  • Maroela Media sal die wenner telefonies en per e-pos in kennis stel.
  • Die wenner se naam sal op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Bernina sal die naaldwerkmasjien met ʼn koerier aan die wenner stuur.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy toestemming dat Bernina jou mag kontak om op hul nuusbrief in te teken. Jy kan in enige stadium op dié nuusbrief uitteken.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Maroela Media en Bernina kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige ongerief of skade wat die wenner mag ly uit die gebruik van die naaldwerkmasjien nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.