Wen ʼn fotosessie vir jou en jou geliefde!

Argieffoto (Foto: Karen Warfel/Pixabay)

Ons het die afgelope jaar geleer om die mense vir wie ons lief is, te waardeer. Ons het geleer om spesiale oomblikke te koester en kosbare tyd saam op film vas te lê.

Met Valentynsdag om die draai het Maroela Media dit goedgedink om ʼn paartjie te bederf met ʼn spesiale fotosessie ter waarde van R2 000!

Dit maak nie saak hoe oud of hoe jonk julle is of waar in die land jy jou bevind nie, ons sal die kontantbedrag in jou rekening inbetaal en jy kan self jou eie fotosessie bespreek.

Wat moet jy doen?

Laat weet ons hoe en waar jy en jou geliefde mekaar ontmoet het – of dit nou op ʼn partytjie was, dalk ʼn toe-oog afspraak, of dalk ken julle mekaar al van skool af. Dit is altyd lekker om te hoor hoe die liefde tussen twee mense begin blom het!

Jy het tot 14 Februarie 2021 kans om in te skryf en die wenner sal in die daaropvolgende week op Maroela Media bekendgemaak word.

Skryf nou in

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum van die kompetisie is 14 Februarie 2021 om 23:50.
  • Die wenner sal in die week van 15 Februarie 2021 bekendgemaak word op Maroela Media.
  • Maroela Media sal per e-pos met die wenner kontak maak om verdere reëlings te tref.
  • Sodra Maroela Media met die wenner kontak gemaak het, sal R2 000 kontant in jou bankrekening gedeponeer word.
  • Dit staan die wenner vry om enige fotograaf in sy/haar omgewing te kontak om die fotosessie te reël.
  • Maroela Media aanvaar nie enige aanspreeklikheid vir die diens wat die fotograaf lewer nie.
  • Die staan die wenner vry om tydens die fotosessie ook gesinsfoto’s of swangerskapfoto’s te laat neem. Enige bykomende uitgawes is egter vir jou eie sak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.