Wen R2 500 kontant – betyds vir Swart Vrydag!

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Ons moes almal hierdie jaar ons sente ʼn paar keer omdraai en soms die spaarvarkie oopbreek. Met Swart Vrydag om die draai het Maroela vir ons lesers goeie nuus!

Vier Maroela-lesers staan die kans om elkeen met R2 500 kontant weg te stap om te spandeer op enigiets wat jy wil.

Bederf jouself of jou geliefdes met enigiets – of dit dalk nou die grassnyer is wat die gees gegee het, daai nuwe braaier wat jy al lank in die oog het of selfs sommer net ʼn naweek-wegbreek vir jou en jou geliefde – ons wil jou bederf!

Maak net seker jou inskrywing bereik ons voor 20 November 2022.

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 November 2022 om 23:45.
  • Die wenner sal in die week van 21 November 2022 op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die wenner moet ʼn Suid-Afrikaanse bankrekening hê waarin die kontant gedeponeer kan word.
  • Maroela Media sal die wenner telefonies en per e-pos kontak om die bankrekeningbesonderhede te bekom.
  • Die vier wenners se name sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.