Wen: Vyf dubbelkaartjies na Fijnwyn-kosmark te wen

(Foto verskaf deur Fijnwyn-fees)

Die Fijnwyn- wyn-en-kosmark het 10 jaar gelede ontstaan uit die idee om bietjie van die Kaap Gauteng toe te bring.

Hierdie jaar vier ons 10 jaar van Fijnwyn en ons skop af met ons “fancy” Fijnwyn Bubbles op 20 Maart. Kaartjies beloop R450 per persoon wat ʼn glas, wynproe, ʼn ete en ʼn vertoning deur Dawie de Jager en Janie Bay insluit.

Op 21 Maart, die vakansiedag, het ons ʼn gewone Fijnwyn. Kaartjies beloop R195 per persoon en sluit ʼn glas en wynproe in. Alhoewel die fokus op bubbles is, sal daar wyn van meer as 25 plase te proe wees wat alle variëteite insluit.

Bekende wynplase soos Boschkloof, Blaauwklippen, Bon Courage en Vrede & Lust se wyne sal beskikbaar wees om te proe. Daar is ook uitgesoekte kosstalletjies beskikbaar en vermaak deur talentvolle musikante.

Fijnwyn is die ideale geleentheid vir ʼn heerlike dag saam met familie en vriende in ʼn veilige buitelugomgewing. Kontak ons ook gerus as jy ʼn spesiale geleentheid hier wil vier.

Kaartjies is beskikbaar deur www.fijnwyntickets.co.za of www.itickets.co.za. Vir meer inligting, kontak 082 335 5659 of besoek die webwerf www.fijnwyn.co.za

Oor die afgelope 10 jaar was dit duidelik: Pretorianers is op soek na ʼn buitelugondervinding – wat die Kaap meestal aangebied het. Fijnwyn het Pretoria se eie wynfees geword wat selfs Kapenaars kom besoek en hul dagboeke rondom dié datum beplan!

Ons het oor die afgelope 10 jaar al 32 Fijnwyn-feeste aangebied met meer as 45 000 voete en spesiale onthou-oomblikke tussen familie en vriende.

(Foto verskaf deur Fijnwyn-fees)

Die Fijnwyn wyn-en-kosmark word gehou by Shokran Events Venue in Tierpoort, Pretoria-Oos. Dit is geleë tussen amandel- en pekanneutbome en is die ideale agtergrond vir ʼn ontspanne dag in die natuur.

In 2023 beplan ons vier Fijnwyn-feeste wat elk oor twee dae strek. Ons groot verjaarsdagfees word op 27 en 29 April gehou.

Besoek gerus die webwerf www.fijnwyn.co.za vir al die jongste inligting.

Wen ʼn dubbelkaartjie

Vyf lesers staan elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie na die Fijnwyn-fees te wen. Daar is twee dubbelkaartjies te wen vir Fancy Fijnwyn (20 Maart) en drie dubbelkaartjies te wen vir Bubbles Fijnwyn (21 Maart). Skryf in voor 15 Maart 2023 om moontlik een van dié dubbelkaartjies te wen.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Inskrywings vir die kompetisie sluit Woensdag 15 Maart om 23:45.
  • Die wenners se name sal lukraak uit die inskrywings gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media per e-pos met die wenners in verbinding sal tree.
  • Die wenners se name sal ook op Maroela Media bekend gemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.
  • Maroela Media en Fijnwyn kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies wat jy mag ly wanneer jy van die kaartjies gebruik maak of die fees bywoon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.