Wenke vir ‘n Valentynsdag vir twee

Maroela se ‘Aptyt’-resepteboek is beskikbaar in ons Koöperasie vir slegs R99-00

Valentynsdag is meer as net ʼn dag van liefde: dit is die een dag van die jaar waarop jy ʼn baie goeie verskoning het om onbaatsugtig en onbeskaamd jou liefde te wys. Maar vir baie van ons is dit nie altyd maklik om met ʼn lekker romantiese idee vorendag te kom nie.

Hier is ʼn paar lekker idees wat jy maklik en kostedoeltreffend kan uitvoer vir die perfekte dag saam met jou geliefde.

  1. Ontbyt in die bed

Maak hierdie Valentynsdag ʼn paar lekker ontbythappies wat julle saam kan geniet voor julle wegspring met die dag se gejaag. Maroela se Aptyt-resepteboek het ʼn paar heerlike en maklike idees wat jy sommer al die vorige dag kan voorberei.

  1. ʼn Kosblik vol liefde

Vir baie gesinne is daar maar min kans vir persoonlike tyd en ʼn romantiese Valentynsdag-aandete is nie juis ʼn opsie nie. Maak hierdie Valentynsdag ʼn bietjie anders deur ʼn romantiese kosblik vol lekkernye in te pak. Versteek natuurlik ook sommer ʼn liefdesbriefie in die kosblik! Maroela se Aptyt-resepteboek het heerlike idees vir kosblikke en snoeptyd.

  1. ʼn Valentynsdag-braai

Wat is nou meer romanties as ʼn snoesige aand voor die vuur saam met jou geliefde? Mens hoef nie noodwendig in ʼn duur restaurant te gaan uiteet nie. Steek sommer self ʼn vuurtjie aan. Maroela se Aptyt-resepteboek het ʼn paar heerlike bykosgeregte vir ʼn romantiese aand tuis.

Koop Maroela se Aptyt-resepteboek nou in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie vir slegs R99-00. Klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.