Wenners: Hier is die mooiste jakarandafoto’s

‘n Keur van die foto’s wat ingeskryf is

Die digter C. Louis Leipoldt het nie verniet gesê Oktober is die mooiste, mooiste maand nie.

Elke jaar van einde September tot in November trek die Jakarandastad sy pragtige pers baadjie aan, terwyl Johannesburg ook met heelwat van die bloeisels in dié stad se strate spog.

Maroela Media was op soek na ons lesers se mooiste selfgeneemde kiekies van dié bome en hulle bloeisels. Twee lesers het die kans gestaan om elkeen R2 500 kontant te wen vir hul mooiste jakarandafoto.

Van reg oor die land het lesers hul mooiste foto’s ingestuur: gesinsfoto’s, foto’s met motorfiets en motors, kinders wat laggend tussen die bloeisels baljaar, jakarandas in die veld, jakarandas van naby, jakarandas afgeëts teen die blouste lug … dit was ʼn pers fees! Ons beoordelaars moes behoorlik kopkrap om uiteindelik te besluit wie dié jaar ʼn kontantprys in hul sak sal steek.

Wally Tollemache van Pretoria is een van ons wenners. Hy het ʼn rits foto’s ingedien en ons kon uiteindelik nie besluit watter een van sy foto’s die beste foto is nie:

Flip Joubert van Pretoria se foto het ook ons beoordelaars bekoor. Hy stap ook weg met R2 500 kontant.

Foto: Flip Joubert

Geluk Wally en Flip!

Hier is nog ʼn paar van die foto’s wat as finaliste deurgedring het (in geen spesifieke volgorde nie). Ons deel dit graag met ons lesers sodat julle jul ook kan verlustig in die pers kombers:

Geniet gerus ook hierdie skildery deur Jenny Boon van Pretoria:

Foto: Jenny Boon van Pretoria

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.