Wenners van Liberty Radio-pryse aangekondig

Martin Bester van JacarandaFM is aangewys as die beste oggendprogramaanbieder in kommersiële radio. (Foto: Twitter)

Die wenners van die jaarlikse Liberty Radio-toekennings is Saterdagaand tydens ʼn galageleentheid in Sandton aangekondig.

Dit was behoorlik ʼn glansryke geleentheid met talle Suid-Afrikaanse radioaanbieders en radiobekendes van oor die hele land wat hul beste voetjie voor gesit het. “Ons doel is om uitnemendheid in radio te bevorder,” het Lance Rothschild, uitvoerende hoof van die toekennings, gesê.

“Uitstekende prestasie en inhoud beloon luisteraars vir die tyd wat hul deurbring om na ʼn stasie of program te luister en moedig hul aan om langer ingeskakel te bly. Dit versterk ook die verhouding tussen die stasie of program en die luisteraar, wat op die ou einde bydra tot die volhoubaarheid van die radiowese.”

Volgens Rothschild was die standaard van vanjaar se benoemings uitsonderlik hoog en die beoordelaars se puntetoekenning baie na aan mekaar. “Ek is egter vol vertroue dat die uitslae die beste werk in die bedryf weerspieël.”

Martin Bester van JacarandaFM is aangewys as die beste oggendprogramaanbieder in kommersiële radio, terwyl Bongani Mtolo is aangewys as die beste middagprogramaanbieder in kommersiële radio. East Coast Breakfast op East Coast Radio is aangewys as die beste kommersiële oggendprogram en Uncaptured op Kaya FM 95.9 as die beste kommersiële middagprogram.

Die span van GrootFM by die Liberty Radio-toekennings. (Foto: Facebook)

In die afdeling vir gemeenskapradio het Hot 91.9 FM behoorlik ʼn slag geslaan. Die stasie se Simon Parkinson het die prys vir beste middagprogramaanbieder gewen en Jeremy Mansfield (ook van Hot 91.9 FM) die prys vir beste oggendprogramaanbieder. Mansfield se Mansfield in the Morning is ook aangewys as die beste oggendprogram in gemeenskapradio, terwyl die stasie se The Big Joburg Drive as die beste middagprogram aangewys is.

Today with John Perlman is aangewys as die beste nuus-en-aktualiteitsprogram in die kategorie vir kommersiële radio, terwyl Tara Penny van 702 die toekenning ontvang het as beste nuusleser in kommersiële radio. Robert Marawa van Metro FM en Radio 2000 is aangewys as die beste sportaanbieder en Marawa Sport Worldwide as die beste sportprogram in die kategorie vir kommersiële radio.

High School Hits with Kenzy op JacarandaFM het met die prys weggestap vir beste naweekprogram vir kommersiële radio en Gister se grotes met die prys as beste naweekprogram vir gemeenskapradio.

Die toekenning vir stasie van die jaar het gegaan aan Kaya FM 95.9 (kommersieel), Tuks FM 107.2 (kampus), Hot 91.9 FM (gemeenskap) en Umhlobo Wenene FM (openbare uitsaaier).

Kliek hier vir die volledige lys wenners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hans Richardt ·

Pretoria FM se RSG-LITE sake model werk dalk vir diè bestuur, maar maak nie vir goeie radio nie, dis duidelik uit die Liberty pryswenners. Tensy dit net vir Engelse gemeenskapsradio stasie was..
Tyd om intens te gaan kyk na minder duplisering en meer onafhanklikheid?

Andreas ·

Jip, die standaard van kommersiële radio het aan die onderkant van die hek vasgeduik, maar nou vertel ek dit vir die hadidas wat hier bo my verby vlieg.

Hans Richardt ·

Andreas, as Groot FM(waarvan ek nog nooit gehoor het nie) dit kon maak, moet ander Afrikaanse radiostasies dalk kers gaan opsteek. Dit help nie meer dat maatjies by ATKV boekpryse kry nie. As Afrikaans wil kompeteer, moet dit in oop mark kompeteer, met ander tale!!! Proteksionisme help nie vir ontwikkeling nie.

Andreas ·

Hans, ek het gepraat van die toekenning wat aan kommersiële radio gegee is. Ek het baie mooi besin voor ek die woorde soos in my kommentaar hier bo gebruik het. Kyk ook na die foto van die wenner in daardie kategorie. Skuus, ek moes daar seker oggendprogram bygesit het.

Hans Richardt ·

Ek kla nie, ek stel net my beskeie opinie. Stemme mag dalk verskil, maar die konsep is dieselfde by 2 supra genoemde stasie.
Sou dit nie lekker gewees het om bv Pretoria FM op Jacaranda styl te kry nie of ander tipe speellyste bv soos op Groot FM?
Ek is al GATVOL vir Rsg politieke korrekte dramas van geforseerde etniese amalgamasie beleid… Selfs die retoriek van Verregs, terwyl ander etniese groepe selfbeskikking gekry het via Tradisionele leiers wetgewing. As Afrikaners nie europees is nie, waarom ons vreemdelinge hou in ons geboorteland? Waarom voortdurende beleid van Soen om te versoen op Afrikaanse radiostasies?
Stop propaganda en gee ons vermaak!

Hans Richardt ·

Wat ek nie verstaan nie, is dat radiostasies ‘n beleid van “geforseerde etniese amalgamasie beleid 1 SA vir almal” propageer.
Wat van luisteraars se vryheid van keuse en assosiasie?
Die Cherokee het eers in 1967 burgerskap en selfbeskikking gekry, oa om moedertaal en hul eie kultuurgodsdiens onderrig in hul skole te gee, Waarom word Art 235 van Grondwet 1996, wat elke groep se selfbeskikking, oa deur radiostasies as “verregse teruggryp na apartheid” voorgehou? Sedert November 1983 referendum, kon wettige gemengde huwelike plaasvind in SA, maw vryheid van keuse en assosiasie. Apartheid was dus deur PW Botha beëindig en nie in April 1994 nie, wat wys op VALS NUUS op radiostasies in SA, wat moet dien as propaganda! Die tuislande was voorgehou as “apartheid”, maar het NOOIT ophou bestaan nie in 1994 nie. Die Wet op Tradisionele Leiers gee slegs selfbeskikking aan gedeelte van SA bevolking. Die res van ons moet alles deel, ons skole, eiendom en veramerikaans, al is dit in Afrikaans? Ek dink nie dat ek vir iemand onder 35 jaar in SA enige verskoning hoef te gee oor “verlede” nie, want hul praat HOORSÊ oor verlede en dit kom nie oor in media en radiostasies nie!
Daar is oneerlike renoster in glaswinkel by radiostasies en in media in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.