Wêreldwyd – Die tuiskomplek vir SA’ners in die buiteland

Deur Sue-Ann de Wet

Wêreldwyd, ’n inisiatief van die burgerregte-organisasie AfriForum, bied reeds die afgelope ses jaar ’n aanlyn tuiste vir Suid-Afrikaners wat hulself in die buiteland gevestig het. Hierdie inisiatief is die ideale platform vir elke Suid-Afrikaner wat tans in die buiteland woon, maar graag steeds in voeling met sy tuisland wil bly.

Die inisiatief behels ’n webtuiste wat mense help om op hoogte te bly van nuusgebeure in Suid-Afrika. Hier kan jy ook betroubare advies kry, sommer net saamkuier, jou ervarings deel en meer vertel oor die interessante plekke waar jy tans woon en werk.

Ons Wêreldwyd-span het deeglike navorsing gedoen om te bepaal wat presies vir Suid-Afrikaners in die buiteland belangrik is en daarom is juis dié inligting op die webtuiste beskikbaar gestel. Dit sluit aktuele plaaslike nuus en bydraes soos foto’s en stories van Suid-Afrikaners wat op interessante plekke in alle uithoeke van die aarde woon in, asook ’n Wêreldgids wat enig in sy soort is.

Dié gids is ook die plek waar Suid-Afrikaners in die buiteland eg Suid-Afrikaanse inkopies kan doen vir produkte soos biltong, Ouma-beskuit en tradisionele blatjang. Dit bevat selfs ’n databasis met die besonderhede van ondernemings en restaurante wat Suid-Afrikaanse kos bedien, persone wat hulp bied met finansiering, asook die name van Suid-Afrikaanse prokureurs en dokters in die buiteland.

Die Wêreldgids het ten doel om mense wat besig is om in die buiteland aan te pas te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Die interaktiewe gids maak dit moontlik vir Suid-Afrikaners in die buiteland om self hul ondernemings gratis in die Wêreldgids te laat opneem.

Wêreldwyd het ook ’n nuusbrief genaamd Kollig waarop jy gratis kan inteken. Dié nuusbrief bevat onder meer berigte van die Afrikaanse nuuswebwerf Maroela Media, vars nuus oor feeste en buitelandse optredes deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, asook belangrike inligting oor burgerskap, paspoorte, belasting en hoe om aan die Suid-Afrikaanse verkiesing in die buiteland deel te neem.

Daarbenewens is Wêreldwyd se Facebook-blad ’n uiters gewilde interaktiewe kuierplek vir alle Suid-Afrikaners, plaaslik en in die buiteland.

Wêreldwyd streef voortdurend daarna om Suid-Afrikaners op hoogte te hou van die beste byeenkomste in die buiteland waar jy, jou vriende en familielede gesellig kan kuier en ’n gedeelde erfenis kan vier.

Ons sien daarna uit om dié tradisie voort te sit en wil alle Suid-Afrikaanse burgers na die beste van ons vermoë dien – ongeag waar jy jouself bevind.

Bly betrokke en op hoogte van sake in Suid-Afrika.

Webwerf
Facebook
Twitter
Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marco polo ·

Se my net asb waar ek biltong in die ooste van China kan kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.