Wiegeliedjie vir ʼn babahondjie

Skermgreep uit die video

ʼn Dogtertjie wat ʼn wiegeliedjie aan ʼn nuwe babahondjie sing, word wyd op sosiale media gedeel.

Lauren Malone, van Connecticut in Amerika, het die video van haar dogter Katie op Facebook gepubliseer. “En dis waarom jy ʼn hond moet aanneem. Of twee. Of drie of vier,” het sy by die video geskryf. Die gesin het die babahondjie, genaamd Oakley, by Americanlabrescue.com aangeneem.

Lauren, ʼn ywerige diereliefhebber, het reeds minstens R53 000 ingesamel vir die organisasie en die video is reeds deur meer as 24 miljoen persone gekyk.

Katie sing haar eie weergawe van Brahms se Wiegelied terwyl sy die hondjie teer omhels terwyl hy in haar skoot lê.

“Hy hou daarvan, sing nog,” sê Lauren in die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

lizl ·

Te dierbaar …. In die tydperk kry ek altyd die diere so jammer, alleen by die huis, klappers en geraas…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.