Wiskunde-winterskool vir matrieks aangebied

Die wiskunde-winterskool word by studiesentrums landswyd aangebied. Foto: Verskaf

Solidariteit Helpende Hand bied vanjaar vir die derde keer hul gewilde wiskunde-winterskool vir matriekleerlinge aan.

Die winterskool word elke jaar deur ʼn ervare wiskunde-onderwyser deur middel van Akademia se elektroniese platforms aangebied. Matrieks landswyd het dus toegang tot die winterskool en kan dit by enige van die studiesentrums in Centurion, Pretoria-Moot, Krugersdorp, Bloemfontein, Somerset-Wes en die Paarl bywoon.

Valentyn van der Merwe, wiskunde-onderwysspesialis by Helpende Hand, het gesê Rika Grobler sal vanjaar se winterskool aanbied. “Sy is baie ervare en was al die eksaminator en moderator vir graad 12 se vraestel 2,” het Van der Merwe gesê.

“Die winterskool bied ʼn goeie geleentheid vir leerlinge om seker te wees dat hulle deeglike hersiening doen voor hul rekordeksamen en eindeksamen. Goeie prestasie in wiskunde ontsluit die deure na verdere studies en verbeter leerlinge se kanse om eendag ʼn goeie werk te hê.”

Matrieks wat ná skool verder wil studeer, kry met die winterskool ook die geleentheid om te ervaar hoe Akademia se onderrigmodel werk, wat elf studiesentrums landswyd elektronies met mekaar verbind. Voornemende studente kan nou by Akademia aansoek doen.

Koste vir die winterskool beloop R150 per dag en leerders moet per dag bespreek. Die R150 sluit ʼn kospakkie in. Hierdie klasse word gratis vir alle Helpende Hand-ondersteuners se kinders aangebied. Klik hier om vir die Wiskunde-winterskool te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.