‘Wonderwerkbaba’ gaan huis toe

Klein Amy in die hospitaal. Foto: Verskaf

Klein Amy in die hospitaal. Foto: Verskaf

Nadat Johan Bezuidenhout en Nataline dos Santos se dogtertjie op net 26 weke gebore is en ʼn skrale 730 g geweeg het, het hulle vandag die verblydende nuus gekry dat hulle die kleine Amy mag huis toe neem.

Dit is ‘die moeilikste tyd’ waardeur sy nóg is, het Dos Santos aan Maroela Media gesê. “Amy het reeds op ʼn week en ʼn half albei soorte breinvliesontsteking, in die brein en in die bloed, ontwikkel,” het sy verduidelik. “Die dokters het haar met medisyne behandel, maar ons het bly sukkel om haar van die masjiene af te kry.”

Dis ʼn lang en moeilike pad wat agter dié gesin van Centurion lê, en dit lyk byna onmoontlik wanneer Dos Santos terugkyk. “Ek was vir twee maande, twee weke en vier dae in die hospitaal saam met my dogtertjie. Net wanneer ons dink sy is oukei, was daar weer ʼn terugslag. Dis seer en moeilik.”

Amy het intussen ook gesukkel met haar longe, ernstige infeksie, bloedarmoede en moes verskeie bloedoortappings kry.

Dos Santos se ma, Mari, het aan Maroela Media gesê Amy se herstel is ʼn bewys God se genade is groot. “Ek kon snags nie slaap nie. Ek het bly dink hoe kan ek slaap as my kleindogter vir haar lewe veg. Ek was desperaat en het al my vriende gevra om te bid en God se genade was toe groot,” het sy gesê.

Die pad vorentoe is nie sonder struikelblokke nie, maar sy kan ten minste huis toe gaan, vertel Dos Santos. “Hulle het eindelik vandag gesê sy kan ontslaan word. Sy sukkel nog om te sluk en ons gaan haar heeltyd moet monitor, maar dinge lyk positief. Ek is baie bly daaroor. Sy is ons wonderwerkbaba.”

Amy weeg nou 1.935 kg en lyk of sy aanhou beter word. “Dis genade. Ons het almal gebid en bly glo. Ek sou nie vandag hier wees sonder die Here nie en ek glo wanneer ek my dogter vandag hier uitneem, gaan Hy steeds by ons wees. Daar lê steeds ʼn lang en moeilike pad voor, maar ons het hoop, want ons glo.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Luister ·

Beste wense aan hierdie familie. Mag hierdie ou kleintjie mooi groot word, en baie vreugde aan julle verskaf.

Gesiggie ·

N wonder werk n geskenk uit Jesus se hand…. mag jy elke dag net meer sterker word klein baba, en mag die genade van God met jul wees…. dit is n bewys van nog n Miracle”’

Vinkie ·

Baie geluk en baie sterkte met baba en God se wonderwerk, Dink aan ons my dogter het nie medies nie en moet n keiser kry en al die Staats hospitale weier want volgens hulle moet my dogter of my kleinkind se lewe eers in gevaar is voor hulle n keiser doen so gevoelloos het ek nog nooit in my lewe tee gekom nie. Mag God julle seen en gee laat julle wonderwerkie n groot gesonde dogter gaan word. God is groot en bewys dit elke dag.

mari dos santos ·

“Vinkie” moet nie ophou glo nie. God kan als doen. Wees net sterk en vol moed. Ek het nou self God se genade en krag beleef. Ons bid vir jou

Natasha ·

Hoe groot is ons God! NIKS is vir hom onmoontlik nie. Ek bid dat julle baba dogtor van krag tot krag sal gaan en ek bid dat die Here elke stap saam julle sal vat. Bly in Hom glo. Bly bid. Bly dankbaar wees.

Una ·

Jipee goeie Nuus! Dis omdat Amy so goeie ouers en famielie het Sterkte julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.