Word wys by Woordfees

Die US Woordfees is weer hier met ʼn program vol boeke, woorde, toneel, kuns, musiek, kaberet, komedie en wat nog! Die fees word in Stellenbosch aangebied tot 11 Maart en vanjaar se tema is “wys”. Kom ons wys jou dus ʼn paar hoogtepunte van die fees:

Op die toneelprogram wys Die Huis van Bernarda Alba, Amper Vrystaat, Beurtkrag, Bacchus in Hillbrow, Pa, DOP, Die vrou uit die see, Sing jy van Blomme, Hond en #dowwedolla, om ʼn paar te noem. Die verhoogproduksie van PG du Plessis se geliefde Koöperasiestories begin by die Woordfees, waarna speelvakke by die KKNK, Bellville Burgersentrum en Atterbury-teater in Pretoria volg.

Die Skrywersprogram is propvol om die boekwurms gelukkig te hou en aanbiedings sluit in Emily Hobhouse: Toe en Nou, Karel Schoeman: ʼn stem, ʼn stemming – tussen tradisie en moderniteit, Ton Vosloo: woordwysheid met ʼn mediamens en ʼn vertaalslypskool met Daniel Hugo (om maar net ʼn paar te noem). Dan is daar boekgesprekke met skrywers soos Annelie Botes, Bibi Slippers en Carla van der Spuy.

Gaan maak ook ʼn draai by die filmfees en die indrukwekkende visuelekunsprogram, wat deur Alex en Zelda Hamilton gekoördineer is.

Sanlam se musiekfees spog met 53 uiteenlopende musiekproduksies – van kontemporêr tot kabaret en woordmusiek. Jy kan kies uit Adam Tas en aKING, tot Gert Vlok Nel, Francois van Coke en Koos Kombuis. En onthou, Stellenbosch het ʼn wonderlike restaurant- en koffiewinkelkultuur – jy gaan dus nie ver soek vir ʼn lekker plek om iets te nuttig nie.

Besoek die volledige program hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dun Dirk ·

Kan Afrikaanse kunstenaars nie asb hul stem dik maak teen US se ongevraagde en eensydige anti-Afrikaanse veldtog nie en asseblief US se Afrikaanse feeste boikot nie?

Kobus ·

Om ‘n Afrikaanse fees te boikot gaan meer skade doen aan Afrikaans as die universiteit.

Johanna Botha ·

Glo my mens raak baie goed wys by die fees veral laasjaar toe die betogende vrou kaal bolyf geparadeer het en op van die mense in die gehoor gegil het. En toe het die dame wie se boek dit was nogal aangebied om die vroue te help deur n lied te skryf vir hulle saak ..hulle was totaal uit die velt geslaan deur die reaksie van uitryk …soms moet mens slim wees in jou benadering want die eerste reaksie is woede …wat niks help nie

apie ·

Sowat van ‘n fees vol pitkos, ‘n ryklike feesmaal van die woord. Knap gedaan en sterkte aan almal betrokke!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.