Wynoes-parade binnekort terug in ‘wynhoofstad’ se strate

Die Stellenbosch Wynoes-parade. (Foto: verskaf)

Wynliefhebbers kan hul vere regskud vir die bekende Stellenbosch Wynoes-parade wat eersdaags sy terugkoms maak.

Dié parade was net tydelik in sy spore gestuit, en sal Saterdag (9 April) ná twee jaar se afwesigheid terug wees in die “wynhoofstad” van Suid-Afrika se strate.

Die optog is dié geleentheid wanneer boere, werkers en wynliefhebbers op kleurvolle vlotte deur die dorp paradeer om die einde van nog ’n vrugbare wyndruif-seisoen te vier.

Die parade skop om 09:00 af by die bekende Speelgoedmuseum, waarna dit onder die eikebome deur sal vleg om 30 minute later by die Stellenbosch-stadsaal aan te kom.

Daar sal die burgemeester die optog se beste vlot beloon en ook ʼn prys toeken aan die span met die beste gees.

Ná die kort dankseggingseremonie sal die parade voortgaan om die vreugde van vanjaar se oes te deel. Om die feestelikhede tot ’n hoogtepunt te bring, is daar ’n braai, ʼn verhoog met musiek en verversings vir die deelnemers asook spesiale vermaak vir die kinders.

  • Vir meer inligting oor die geleentheid besoek die webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ilze

Lekker!! Ek wens ek kon daar wees

VaalDonkie

Julle meen seker die “Wine Harvest Parade” want mens mag net Ingels praat in daai dorpie