Wys waardering vir alle ma’s met Run for Mom

Vanjaar kan gesinne reg oor Suid-Afrika hul ma’s vier met die eerste Run for Mom – The Mother’s Day Run. Op Moedersdag, Sondag 9 Mei, sal families vir hul moeders kan wys hoe hul liefde waardeer word deur deel te neem aan hierdie virtuele wedloop. Elke gesin kan self besluit hoe ver en waar hulle dié geleentheid wil hou.

“Ons is baie opgewonde oor hierdie byeenkoms wat vir almal die kans gee op bietjie bloed te sweet vir hul ma’s,” het Leon Swanepoel, uitvoerende hoof van Sportsvendo, gesê. “Elke span wat registreer ontvang ook ’n inskrywingspakket wat van medaljes tot ’n banier insluit,” het hy bygevoeg.

Met die vorige jaar wat Moedersdag agter slot en grendel tydens inperking gevier moes word, bied Run for Mom nou aan almal die geleentheid om die dag sommer saam af te skop met ’n draffie voor daar lekker saam geëet en gekuier kan word.

Verskeie bekende persoonlikhede gaan ook aan dié geleentheid deelneem om só hul liefde vir hul moeders te wys.

Ilze Saunders Buys, voormalige Mej. Aarde SA, het vertel dat sy beslis van dié geleentheid gaan gebruik maak om haar eie ma, Marietjie en skoonma, Elzelda, in haar lewe te vier. “’n Ma is liefde in aksie en my eie ma het al soveel vir my opgeoffer met my skoonma wat altyd help waar sy kan,” het Buys gesê.  “Hierdie twee vroue is die ankers in my lewe en ek dink dis ’n goeie manier vir almal om te wys hoe ver mens sal gaan om jou dankbaarheid te bewys.”

Elke gesin wat registreer ontvang ’n banier wat verpersoonlik kan word, ’n T-hemp vir ma, ’n spesiale goue medalje, ’n logo én ’n WhatsApp-boodskap wat vroegoggend op Moedersdag gegenereer sal word.

Dit is nie die grootte van die span wat saak maak nie. Wat belangrik is, is deelname en om te verseker dat ma op Moedersdag bederf word.

Koste om te registreer wissel en is afhangend van die spangrootte. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 29 April 2021. Die kostestruktuur lyk só:

1 Spanlid met ma se pakket ingesluit: R280
2 Spanlede met ma se pakket ingesluit: R450
3 Spanlede met ma se pakket ingesluit: R590
4 Spanlede met ma se pakket ingesluit: R730
5 Spanlede met ma se pakket ingesluit: R870
6 Spanlede met ma se pakket ingesluit: R990
7 Spanlede met ma se pakket ingesluit: R1 120
8 Spanlede met ma se pakket ingesluit: R1 215
9 Spanlede met ma se pakket ingesluit: R1 300
10 Spanlede met ma se pakket ingesluit: R1 375

Vir meer inligting en om te registreer, besoek gerus www.runformom.co.za.

Dié geleentheid word aangebied deur Sportsvendo, die span agter buitengewone gebeure soos The Color Run en Justice League Virtual Run-reeks. Volg hulle gerus op sosiale media, https://www.facebook.com/SportsvendoEventsHub, waar jy ook meer inligting kan kry van lekker gebeure waaraan jy regdeur die jaar kan deelneem.

Run for Mom is ’n eerste in Suid-Afrika en uniek onder die min Moedersdag-geleenthede wat tans oral in die wêreld bestaan.

Kom breek daardie spanfamilie-eindbanier met familielede op Moedersdag, want die lewe kom nie met ’n handleiding nie. Dit kom saam met ’n ma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.