‘Groen’ medaljes vir Tokio 2020

Foto: Pixabay

Foto: Pixabay

Tokio wil ʼn eko-vriendelike alternatief vir die tradisionele goue, silwer- en bronsmedaljes daarstel met die 2020 Olimpiese Spele.

Die Japannese publiek is gevra om hulle onbruikbare elektroniese toestelle soos selfone en ander toestelle vir die Olimpiese Spele te skenk. Hierdie toestelle, wat vanaf April ingesamel word in plaaslike winkels en kantore in Japan, gaan gebruik word om 5 000 nuwe medaljes te produseer.

Herwinbare materiaal is reeds gebruik by die vorige Olimpiese Spele waar 30% van die medaljes uit herwinbare materiaal bestaan het.

Koju Murofushi, sportdirekteur vir Tokio 2020, se kommentaar was dat daar beperkte hulpbronne op die aarde is. “Om elektroniese toestelle te herwin sal ons help om die omgewing op te pas.”

“Dit skep bewustheid vir ʼn volhoubare toekoms,” het Ashton Eaton, Amerikaanse rekordhouer vir die tienkamp by die Spele, gesê. “Elke burger kry nou ʼn kans om ʼn bydrae vir die Olimpiese Spele te lewer.”

Lees meer hier: CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.