Groot Trek onder die loep by gedenklesing

Die oorspronklike makette van die Groot Trek (Foto: Verskaf)

Die oorspronklike makette van die Groot Trek (Foto: Verskaf)

Die jaarlikse Gerard Moerdijk-gedenklesing vind op 29 Maart om 18:00 by die Voortrekkermonument plaas. Moerdijk was die argitek wat die Voortrekkermonument onwerp het.

Vanjaar se lesing word aangebied deur Astrid Schwenke en die onderwerp is: “Die verhaal van die Groot Trek soos uitgebeeld op die oorspronklike een-derdegrootte gipspanele.” Schwenke het haar doktorale studie afgesluit met die proefskrif “Die evolusie van die historiese marmerfries in die Voortrekkermonument, Pretoria 1932-2010”.

Die nuwe, permanente uitstalling van die oorspronklike gipspanele word ook amptelik by dié geleentheid in die Senotaafsaal geopen.

Kaartjies kos R50 per persoon en is beskikbaar by die agterdeur van die Senotaafsaal.

Indien jy vooraf wil bespreek, kontak Lizette deur ʼn e-pos te stuur na [email protected] of na [email protected] voor of op 22 Maart.

Vir meer inligting, besoek die Voortrekkermonument-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.