Heldedag: Wie is jou held?

Helde-dag

Foto: Pixabay

Heldedag word jaarliks op 10 Oktober gevier sedert sy bestaan in 1882 en was aanvanklik bekend as Krugerdag omdat dit die lewe van Paul Kruger gevier het.

Kruger is op hierdie dag gebore en het soveel respek van die Afrikaanse gemeenskap geniet dat sy verjaardag sedertdien gevier word. Die naamsverandering het reeds in die 50’s plaasgevind en hoewel dit nie meer as ʼn openbare vakansiedag erken word nie, word Heldedag steeds gevier.

Maroela Media het die afgelope jaar by verskeie bekendes gehoor wie hulle held is. Laat weet gerus wie jou held is en hoekom jy hierdie persoon as ʼn held beskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Magriet ·

General de Wet is steeds my held. Hy was absoluut beginselvas en was boonop onverskrokke in sy optrede.

Piet ·

Kry mens in vandag se tyd nog helde? Laas toe ek opgestaan het vir wat reg was het ek die goue stewel gekry. Raai hoeveel van my kollegas het my tehulp gesnel? Een vrou wie se naam ek nie kan noem sal ek nooit vergeet nie. Die vraag wat ek egter vir myself gevra het was, “waar is die manne”?

Anika ·

Gary Player – ‘n ware rolmodel. Nie eers al die geld en roem het hom laat wankel nie … al die jare ‘n getroue eggenoot en vader en voorbeeld vir ons almal.

Sowaar ·

My eie liefling is my held. Ek het al baie moeilike tye beleef, maar nou voel ek veilig as sy arms om my vou.

Andre ·

My vrou is my held.
Ek werk weg van die huis af vir 4 maande en dan weer tuis vir 2 weke. Intussen, swat sy op universiteit vir ‘n CA, sy is op die Kerkraad betrokke, by die jeug betrokke, versorg my dogtertjie wat 4 1/2 is, versorg die huis met diere ens en selfs wanneer ek tuis is sit sy met baie van my skete ook nog op.

Ek hoop regtig ·

Andrè, dit is ‘n mooi getuigskrif vir jou vrou, maar ek hoop regtig jy dra haar op die hande as jy tuis is.

Andre ·

Jong, ‘n man kan maar nie meer as probeer nie. Van die kant af kan ek net haar lewe probeer vergemaklik. Natuurlik altyd plek vir verbetering. Een ding is verseker, ongeag my foute, sy is my hart, my lewe en my grootste rede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.