Help om renosters tydens volmaan op te pas

Foto: Facebook/Rhino Connect

Foto: Facebook/Rhino Connect

Volgens statistieke is renosters meer kwesbaar tydens volmaantydperke aangesien stropers danksy die helder maanlig voldoende lig het om renosters in die veld op te spoor sonder flitsligte of navigasie-toerusting. Hulle staan dus nie veel gevaar om hul teenwoordigheid te verklap en sodoende betrap te word nie. Die volmaantydperke word in renosterkringe selfs die stropersmaan of bloedmaan genoem weens die groot verlies van renosters.

Rhino Connect wil saam met Pretoria FM hierdie bloedmane verander in #‎Renostermane van hoop en lewe. Die projek #‎Renostermaan behels dat Pretoria FM-luisteraars die geleentheid gebied word om proaktief betrokke te raak by renosterbewaring. Jy kan dit doen deur naweke plek te bespreek op wildplase waar daar renosters is.

Daar is beperkte plek vir elke naweek. Groepe van tussen 2 en 40 kan per naweek gehuisves word.

#Renostermaan-naweke:

  • 19 – 21 Augustus 2016
  • 16 – 18 September 2016
  • 14 – 16 Oktober 2016
  • 11 – 13 November 2016
  • 9 – 11 Desember 2016

Die naweke sluit die volgende in:

  • *Tydperk: 3 dae, 2 nagte
  • *Wildsritte, patrollering en monitering van renosters
  • *Opleiding in APU, spoorsny en oorlewing in die veld
  • *Alle etes
  • *Akkommodasie: 3-ster-verblyf

Die inkomste wat deur die naweke ingewin word, help die wildboere om meer bewaarders aan te stel en toerusting aan te koop om bewaarders snags te ondersteun. Meer geld dra dus by tot beter bewaring. Die grootste faktor is egter die fisieke teenwoordigheid van meer mense op die plase. Dit gaan oor die ekstra oë en ore in die veld en die lekkerte is dat jy ure langs renosters in die veld kan sit en net die natuurskoon geniet. Ons wil dit duidelik stel dat daar nie groter risiko vir mense is met hierdie ervaring as om in ʼn gewone reservaat rond te beweeg nie. Besoekers wat in die veld is, word ook heeltyd vergesel van ʼn opgeleide renosterbewaarder.

Stuur ’n e-pos na [email protected] en plaas RENOSTERMAAN as onderwerp, om te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

… en bring wit lakens saam en ‘n flits… en oefen solank…. oooooh ho hoooo, e e hoooo, eish… #blik…sedorings…. e e hooo hooo….!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.