Help, Tandemuis! Die hond het my tand gesluk

Luan (8) se brief aan die tandemuis (Foto: Facebook via Anele Janse van Rensburg)

Luan (8) se brief aan die tandemuis (Foto: Facebook via Anele Janse van Rensburg)

Die agtjarige Luan het ʼn skattige brief aan die tandemuis gerig toe die gesin se langhaarworshond sy tand ingesluk het.

Anele Janse van Rensburg van Pretoria, Luan se ma, sê sy het hom verlede Vrydag in ʼn histeriese toestand in die huis gekry nadat sy laat gewerk het “Luan kon byna nie twee woorde na mekaar uitkry nie. Hy het my vertel hy het die hond op heterdaad betrap toe sy die tand ingesluk het,” het sy gesê.

Anele moes die agtjarige dadelik kalmeer. “Ek het gesê die hond se maag maak die tand baie skoon, wat beteken dat die muise dit dan in ʼn spesiale plek in die huis bêre. Hy kry dan ook dubbel die geld.”

Hy het terstond ʼn brief vir die Tandemuis geskryf om te verseker dat hy nie moet dink die tand is verlore of in ʼn slegte toestand wanneer hy dit opspoor nie. “Hy het pervek gelyk, maar toe eet my hond Rosie die tand… My hart is baie seer (sic),” het hy in sy klaagbrief laat hoor.

Luan het die hele naweek glo vervaard gesoek, maar eindelik besluit dat die Tandemuis die tand toe self opgespoor het.

“Die Tandemuis het hom twee keer daarvoor vergoed – vir sy oulike brief, en omdat hy uiteindelik die tand ‘gekry’ het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

nig ·

Te oulike ou storietjie! Hoop ma bêre die brief en eendag as hy trou, lees dit voor, dink die gaste sal dit vreeslik geniet

Karma ·

Histeries snaaks!!!! Ek het nou só lekker gelag! Dankie Maroela vir ‘n bietjie “cheer-uop” so op ‘n Maandag middag!

Werner ·

Ons sit ook met ‘n brief soos hierdie. Ons seun het sy tand by die skool getrek en was in trane toe hy by die huis kom, toe skryf hy ook ‘n brief vir die tandemuis

Alet ·

Ek het self ‘n 8 jarige seun hulle is verskriklik oulik. Ek ka my self net in dink….

sophia erasmus ·

My kleinseun het self sy tand ingesluk! Hom losgewoel met sy tong en woeps weg is hy! Was net so tranedal maar gelukkig kon hy ook vir die tandmuis n brief skryf. Het net so groot beloning gekry want tandmuis hou baie van briefies! En tande….

Riana ·

Soortegelyke situasie gehad so 20jr terug. My jongste se tand is af by die drein. Baie trane en drama. Ons skryf toe vir tandemuis hy moet asb afgaan in die pyp, die tand is daar. Volgende oggend was briefie uit skoen, slim muis wat kon lees, en muis het n geldjie gelos.

Ina ·

Dankie Liewe Jesus dat ons nog in kammaland kan gaan kuier. Dankie vir ‘n pragstorie so vroeg in die oggend.

Sarie ·

So 10 jaar terug moes ek my seun oortuig dat daar ook ‘n tande muis in ons vakansie huis is toe hy sy tand getrek het terwyl ons op vakansie was. Hy het gevra of ons die tand kan hou tot ons terug is by die huis en vir die muis by die huis sy tand kan gee omdat hy alreeds sy ander tande het. My seun wou niks weet van die muis by die vakansie plek nie, ook nie eers ‘n belofte van ‘n dubbele “beloning” nie. Hy was lojaal teenoor die een by die huis.

Giel ·

Ek kan nie glo mense lei kinders so om die bos om in die tandmuis te glo. Skaam julle. Sies.

SkarrelKind ·

Giel komaan – jy’s te ernstig – hulle vind wel later uit dat die Tande Muis, Kersvader en die Paashaas nie werklik is nie – en dan kom hulle daaroor. Dis deel van om ‘n verbeeldingsvlug te kan onderneem en weer te kan terugkeer na die werklikheid. Daar word nie groot skade gedoen of blatant gelieg om te mislei nie.

Giel ·

Kind…..dis blatante leuns. Arme kinders. Ek skaam my steeds.
En ja Loretta….Regtig

Anele ·

Jammer Giel. Sal hom nou dadelik vertel ek het gejok. Hoe gaan ek ooit met myself saamleef oor die leuens. Hoop ek kan nog die skade herstel voor dit blywende gevolge het. Se maar net

Sarie ·

Giel, dit skep ‘n fondasie of verbeelding om vir kinders te laat glo in die min goeie dinge wat daar is vandag. Soos wat hulle ouer word, besef hulle mos dit is net skyn, maar wat hulle die belangrikste leer uit dit is om in Jesus Christus te glo. Ouers moet kinders ook van kleintyd bewus maak Jesus Christus, al kan hulle Hom nie sien nie, moet hulle weet dat Hy bestaan. Soos tyd verby gaan sal hulle besef dat die paas haas en tandemuis net ‘n skyn is, maar Jesus Christus nie.

Lorette ·

Toe my kinders klein was, het die tanne-muis altyd ‘n briefie, ‘n koeldrank proppie vol melk en ‘n klein stukkie kaas gekry… Hulle belonings was groot vir al hulle moeite… Kosbare storie. Kry net die tanne-muis baie jammer wat in Rosie se “poef” moet gaan soek na die tand…. lololol…. #prysloos

Tina du Toit ·

Dis te skattig dat die muis in die hond se poef moet gaan kyk. Hy het darem gedink aan `n oplossing. Ek het nou lekker gelag. Arme muis. Ek sal daai briefie bêre vir as hy groot is eendag en dit vir sy eie kinders lees.

Tina du Toit ·

En ek hoop daardie muis het darem terug geskryf soos gevra. Cute

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.