Pantone, die New Yorkse maatskappy wat reeds 20 jaar lank jaarliks ʼn kleur van die jaar aanwys, het pas die kleur vir die jaar vir 2019 bekendgemaak.
Dié kleur beïnvloed wêreldwye produkontwikkeling en aankope in verskeie groot bedryfsrigtings soos mode, meubels, verpakking en grafiese ontwerp.
Die kleur van 2018 was Pantone se pers kleur Ultra Violet. Pantone se kleur van die jaar vir 2019 is die pienk-oranje kleur Living Coral.
“Die kleur is opwindend, maar tog kalm. Living Coral vou ons toe met warmte en versorging maar verskaf ook gemak en vrolikheid,” het Pantone dié kleur beskryf.
“Living Coral straal die koesterende, bekende en energieke aspekte van kleur in die natuur uit. Dit is wonderlik, maar ongelukkig ook ontwykend omdat dit onder die see voorkom. Hierdie lewende en bruisende kleur betower die oë en die gedagtes.”
Pantone het gesê die kleur van 2019 verteenwoordig menslike en hartlike gevoelens in ʼn tyd waar menslike interaksie en sosiale konneksies as belangrik geag word.
Heerlike koerant lees net wanneer ek Kan want die foon gaan saam.Meer goedvoel berigte sal die gewoonlik negatiewe politieke berigte bietjie sagter maak.Dankie Vir julle moeite