Hoe maak mens: Die resep vir ʼn huwelike wat hou


Hoe-maak-mens-01

Grafika: Verskaf.

Deon van der Berg van Lewensverryking gesels vandag met Mia Slabbert verder oor huwelike. Hulle probeer in hierdie gesprek vasstel presies wat dit was wat veroorsaak het dat ons oumas en oupas se huwelike soveel langer gehou het as vandag se huwelike.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jemma ·

daardie tyd was daar nie selfone en sosiale media wat dit vandag so maklik maak om op jou maat te verneuk nie.

Mielie ·

Daar was n veggees onder hulle, hulle het immers gewees van swaar kry en vasbyt.

m ·

Vandag se mense het net nie meer respek vir hulle huwelike nie. Kyk hoe maklik knoop mense buite eglike verhoudings aan. Skei het alledaagse ding geword.

Eliza-beth ·

Die eerste fout vandag is so baie huwelike “gebeur” want hul wil DIE troue hê. Daar word meer tyd en energie aan die beplanning van die sg “groot dag” gespandeer as om mekaar werklik te leer ken en oor moontlike probleme wat dalk vorentoe in die huwelik mag opduik te gesels en te besluit hoe dit gehanteer sal word. Daar word nie vooraf besluit hoe hul as ouers die kinders saam sal disiplineer nie, hoe hul konflik sal hanteer ens. Dit gaan net oor “daardie” dag en wat volg na die sjampanje die borrels verloor het – wel, daaroor sal ons dink as dit gebeur. Groot fout! Die beste huwelike is waar man en vrou eerstens vriende is, mooi dink oor die lewe saam vorentoe, beplan, dink en WEER dink. Wat gaan gebeur as die broodwinner sy/haar werk verloor. Spaar ons genoeg..al daardie dinge word in meeste gevalle glad nie aan gedink of bespreek nie.

Wag ·

Dis vir my die mees verwoestende ding waarin ek my nog begewe het. Waar daar ‘n gesonde, gebalanseerde mens was met ‘n toekomsverwagting is daar nou net ‘n woesterny oor wat maar vir die einde wag.

Jo-anli ·

Hallo. Ek kom uit n gwsin van 14 kinders . My ouers was getroud tot afsterwe van pappa en mamma het nooit weer getrou. Ekt 2 susters en 2 broers wat 2 keer geskei is. Ekself is al 37 jaar wonderlik getroud my ander broers en susters onderskeidelik 40jr 34jr 30 jr getroud. Dit was nie maklik nie, maar respek liefde openhartigheid en eerlikheid seevier. Ons almal is eeelik met mekaar. Dit hang van situasies af. My ouers sou 80 jaar getroud gewees het indien hulle vandag nog hier was. Sulke wonderlike jare.

EJ ·

Die probleem le by tegnologie en soos Elizabeth se te veel geld en tyd aan die groot dag. Bele eerder al daai tyd in huwelik en die geld in jou huis. Ek is 7jr gelukkig getroud, het my troue in 3mnde gereel vanaf oorsee. Net minimum gespend, mense kan anyway net soveel eet en drink. Jy is nie n vraat en suiplap op n troue nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.