In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Mia Slabbert met ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor die bereiking van ’n dieper vlak van eenheid in alle verhoudings. Daar word gekyk na die invloed van buitefaktore op verhoudings en veral na hoe ’n paartjie deur die uitdagings in hul verhouding kan werk. Daar word verwys na die aanslae van die wêreld op ons huwelike, veral die seksuele aanslae.