Het jy dalk pyn omdat jy met bitterheid en haat rondloop? Jou liggaam dra die fisieke letsel van die mense wat jy haat.
Deon van der Berg van Lewensverryking sê die Bybel vra Christene egter om op ʼn radikale ander manier in hierdie gebroke wêreld te leef. Ons moet ʼn lewe leef waarin ons mense vergewe. Deon verduidelik hoe jy dit kan doen.