Hollywood sterre gebruik dié SA produk

Rooibos teeVerskeie Hollywoodsterre, soos Charlize Theron, Helen Mirren, Gwyneth Paltrow en Angelina Jolie, gebruik almal dieselfde eg Suid-Afrikaanse doepa om te glinster op die rooi tapyt.

Die dae is lankal verby toe Charlize Theron een van die grootste Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte was.

Verskeie bekendes het al gespog oor hoe hulle rooibostee gebruik omdat dit so voedsaam is en veroudering teenwerk. Die gebore Suid-Afrikaners, Charlize Theron en Candice Swanepoel, gebruik ook rooibosprodukte wat die vel stimuleer en gesond hou.

Ernest du Toit, woordvoerder van die Rooibos-onderneming, sê verkope het opgeskiet en beloop byna drie keer meer as toe die produk sy eerste verskyning in die VSA gemaak het in die 90’s.

“Suid-Afrika voer tans ’n groot verskeidenheid Rooibosprodukte na die VSA uit, onder meer die tradisionele en gegeurde tee, cappuccino en skoonheidsmiddels soos grimering en parfuum,” het hy gesê.

Een van dié kosmetiese middels is onder meer ʼn lipsalf wat die aktrise Angelina Jolie gebruik om haar vol lippe gesond te hou. Die Oscar-bekroonde aktrise Helen Mirren het ook by vorige geleenthede gesê sy vat haar rooibosteesakkies saam oral waar sy gaan.

Du Toit sê dié produk is so gewild onder bekendes weens die antivirale, antiswam en antibakteriese eienskappe, wat ideaal maak vir diegene met aknee, ekseem, psoriase en ander veltoestande. “Navorsing het bewys die rooibosplant het ʼn oorvloed gesondheidsvoordele en daarom word die produk al gewilder.”

Kyk ook na die resep vir ʼn heerlike Rooibostee-sjokolade sponskoek.

Vir meer inligting oor die produk, besoek Rooibos se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

antjie ·

En ek dog jul praat van buffelsfontein se baardolie… Giggel!

marina ·

Vir my is Annique produkte uiters bekostigbaar. bv. ek het my BB cream gekoop vir R199 en n gratis geskenk bygekry en dit hou meer as 4 maande, dus kry ek die beste produk met al die goeie kwaliteit van Rooibos vir skaars R50 pm. Dit is oor en oor die geld werd.

Marianne Germishuys ·

Alicia, konsultante kry 25% kommissie. Elizabeth, die produk is ‘n top produk op die mark. R329 vir 3 plus maande se gebruik van ‘n bekroonde vogroom, is verseker billik.

Rina Kotze ·

Dankie Marianne.

Konsultante kry 25 %. maar hulle moet hul eie bemarking doen asook die verlies dra wanneer mense nie produkte kom haal wat hulle bestel het nie.

Annique is ‘n TOP produk en mens kom lank uit daarmee! Drie maande beslis en met die gereelde spesiale aanbiedinge, kan mens lekker spaar en vooruit beplan!
Rooibos bly ‘n puik produk!
Viva rooibos!

Mariette ·

Annique het ‘n wesenlike verskil op my vel gemaak. Dis nie goedkoop nie, maar bekostigbaar omdat dit so lank hou. Rooibostee is heerlik en gesond!

Piet Snot ·

Ek het met my eie oë Rooibos in ‘n fênsie afdelingswinkel in Kazakhstan gesien; nou die dag.
Was nogal trots.

Zharina ·

Ek gebruik en verkoop Annique nou vir 10 jaar en glad nie spyt nie. Eers het ek ook gedink die produkte is duur maar toe word ek konsultant en nou kry ek 25% afslag. Die produkte is uitstekend en soos hulle altyd se the proof is in the pudding. Gereelde specials en samples help met verkope en mens moet dit self probeer om dit te ervaar.

Violet ·

Net jammer dit gee my n uitslag as ek dit aan my nek smeer, so ek soek maar iets anders waarvoor ek nie alergies is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.