Hond saam in stoet na ounooi se begrafnis

Foto: thedodo.com

Foto: thedodo.com

Daar word gereeld gesê ʼn hond is die mens se beste vriend. Vir een eienares in Maleisië was dit beslis die geval.

Toe die bejaarde vrou vroeër dié maand gesterf het, het sy nie net vriende en familie agtergelaat nie, maar ook haar geliefde hond, Bobby.

Toe vriende en familie in ʼn stoet na die begraafplaas ry, het hulle besef daar is nog ʼn geliefde wat saam met hulle in die stoet is. Die bejaarde vrou se kleinseun, Leong Khai Wai, het besef Bobby draf saam langsaan die motors.

“Ek weet nie of iemand anders hom gesien het nie, maar ek was omtrent verbaas,” sê Leong.

Toe vriende en familie by die begraafplaas aankom, het Bobby hom reg langs die gat, waar sy eienares begrawe sou word, tuisgemaak. Volgens Leong het Bobby geweier om verder ʼn poot te beweeg. Selfs toe haar kis in die grond laat sak is, het Bobby net bly lê en kyk.

“Ons het nog nooit sulke soort lojaliteit in ʼn hond gesien nie,” sê Leong.

Bobby is nou in die sorg van Leong se oupa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lee ·

Did nou ‘n mooi – hartseer storie.
Arme ou hone..ounooiloos.

Moets ·

As iemand sterf wat n hond het, moet jy die hond jou laat ruik sodat hy/sy kan afskeid neem, hul kan dit ruik en dan weet hulle.

ken benoni ·

Hoop die hond kan aanpas —- dis regtig ‘n treurige storie, maar dit bewys net weer hoe getrou is hulle. Dit maak my dag al is die met ‘n traan!

m ·

Diere is so getrou aan n mens. Geen mens sal ooit so getrou kan wees nie. Hierdie is n baie hartseer maar mooi storie.

Bettie ·

Hoekom leef mense langer as honde? Honde leer in 17jaar wat liefde, lojaliteit, getrouheid, vergewensgesindheid, ens is.. Vir mense neem dit langer om daarby uit te kom

Charmaine ·

Sommer hartseer,hoop die familie gaan mooi agter hom kyk?.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.