Huwelik van 72 jaar: Hul laaste oomblikke saam

Petrus en Annie op hulle troudag in 1946. (Foto: Verskaf.)

Petrus en Annie op hulle troudag in 1946. (Foto: Verskaf.)

Oom Petrus Meintjies (93) en sy vrou, tannie Annie (89), se huwelik van bykans 72 jaar het Saterdag tot ʼn einde gekom toe oom Petrus in sy slaap oorlede is.

Maroela Media het in November 2016 berig oor dié egpaar se merkwaardige mylpaal toe oom Petrus en tannie Annie hul 70ste huweliksherdenking gevier het.

Anita Snyman, die Meintjies-egpaar se kleindogter, het aan Maroela Media vertel haar oupa is Saterdagoggend tussen 10:00 en 12:00 oorlede. “Hy het in die bed gaan klim en net nie weer wakker geword nie. My oom Hannes en sy gesin het my oupa by hul huis op Musina versorg, aangesien hy verswak het van die ouderdom. Hy wou nie meer loop of eet nie, dan raas ons met hom, maar hy het agteruitgegaan.”

Volgens Snyman gaan dit onder die omstandighede goed met haar ouma. “Almal het geweet dit kom, maar dit bly ʼn skok. Die inspuitings en pilletjies wat ouma ontvang, help haar om kalm te bly. Toe oupa die dag omstreeks 12:00 dood is, het ouma gesê sy gaan eers ʼn bietjie by oupa lê. Sy het in sy arms gelê totdat Avbob hom 16:00 kom haal het,” het sy bewoë vertel.

Snyman het gesê haar oupa en ouma verjaar albei op 12 November en dat hulle vanjaar ouma se 90ste verjaarsdag saam met hul 72ste huweliksherdenking sou vier. Die egpaar is op 2 November 1946 getroud nadat hulle mekaar op ʼn warm Kersfeesdag in Vrededorp in Johannesburg ontmoet het.

Tannie Annie en oom Petrus verlede jaar met hulle huweliksherdenking. (Foto: Verskaf)

Tannie Annie en oom Petrus verlede jaar met hulle huweliksherdenking. (Foto: Verskaf)

Tannie Annie bly nog by haar seun, Hannes, en sy gesin. “Sy is darem nie alleen nie,” het Snyman bygevoeg.

“Dit was nie liefde met eerste oogopslag nie,” het tannie Annie destyds geskerts en bygevoeg die belangrikste bestanddeel in die resep vir ʼn suksesvolle huwelik is kommunikasie. “Jy mag ʼn bietjie stry, maar praat dit altyd mooi uit.”

Oom Petrus word oorleef deur ses kinders, 15 kleinkinders en 25 agterkleinkinders. Hy word Maandag uit die NG Kerk Tuine begrawe en word by die Zandfontein-begraafplaas ter ruste gelê.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

rafel ·

Voorwaar ‘n voorbeeld vir vele. Rus in vrede en sterkte vorentoe vir Tannie.

Martie ·

Ai siestog dit is vreeslik hartseer.
Sterkte my Tannie en die gesin.

VanAfrika ·

Dis toe mans nog mans was en nog hul huweliks beloftes voor God nagekom het. Baie geluk omie, jy het reg gekry wat min mans vandag kan rek kry, om een huwelik voluit te laat hou. Dit is nou iets wat in God se guns is.

Jan ·

Net vir jou inligting, daar is nog sulke mans vandag wat hulle huweliks beloftes voor God kan en wil nakom, maar dan is dit die vrou wat alles op mors. So dit kos twee om dit te maak werk, nie net van een kant af nie.

VanAfrika ·

Vir jou ingligting, bitter min vrouens in vergelyking met mans

Marius ·

n Huwelik is n lewenslange ooreenkoms waarin albei partye 100% moet gee en hul dag saam met God moet begin en afsluit. Met jou argument dat daar min goeie mans is neem ek aan jy is n goeie vrou vol van selfregverdiging en edele motiewe. (shame!)

Pieter Meintjes ·

Dankie almal. Ons het die grootste en beste voorbeeld van dié twee pragtigste groot ouers ontvang. Is besonder lief vir hulle. Gelukkig is ons familie baie na aan mekaar.
Hul kleinkind Pieter(tjie)

Blommie ·

Sjoe dis darm maar bitter mooi om te sien.
Soveel jare saam, dit moet gedoen word.
Vandag sien mense nie meer kans vir n lang huwelik nie.
Raak te vinnag vervelig en ongelukkig is daar tog altyd n oorlamse oor om te luister, wat nie hulle eie man of vrou kan kry nie. Maar eerder n huwelik opneek.

Gesiggie ·

Wat n prag van n storie… en so Hartseer om te verneem van Oom Petrus… hierdie twee mense is voorwaar n voorbeeld van Getrouheid en hul Liefde vir mekaar het hul saam deur al die jare gedra… N Ma en Pa en Ouma en ouma om op Trots te wees… Rus sag Oom Petrus… en aan Tannie Annie… Oom Petrus se plekkie langs jou is nou leeg…maar onthou hy is altyd met jou in Gees… Als wat mooi is

Andrea ·

Wat n mooi verhaal só saam met die hartseer nuus. Rus in vrede, oom. Ek is bly jy kon op só n rustige manier hier weggaan. Sterkte aan die tannie en ook aan die kinders. Eks bly sy woon nie alleen nie.

Connie ·

Dit is so lekker om ‘n mooi storie te hoor na al die slegte nuus.

Emrina Holder ·

RIV oom…. Dis so mooi… en baie hartseer. Dink aan die Saterdagoggend toe ek my man se hand vansgehou het toe hy sy laaste asem uit geblaas het…. Sterkte tannie

Heidi ·

My pa is oorlede einde Des 2013 en my ma 6 mnde later. Hulle was 55 Jr getroud. Liefde en respek vir mekaar. Naby die Here geleef en liefde vir hulle geliefdes en naaste. Wat n voorreg en seen.

Wilma ·

Oe dis wonderlik
Na 38 jaar vind ek uit my wederhelfte et ali jare n leuen gelewe
. Darem ontslae van hom. Sterkte vi tanni

Ellie ·

Rus in vrede Oom. Voorwaar ‘n pragtige voorbeeld van ware liefde…

Sooo mooi storie ·

Sooo mooi storie, lekker om te lees, dankie Maroela vir die deel daarvan asook die familie. Sterkte Oumatjie.

Neels ·

Werklik n unieke prestasie! Sommiges word nie eers so oud as die tydperk wat oom Petrus en tannie Annie getroud was nie: nogtans is dit steeds n skok en ek wens tannie Annie en die familie sterkte, berusting en positiewe denke toe.
Dankie oom Petrus vir die tyd wat jy die wereld kon verryk met jou teenwoordigheid. En mag die hemel verewig jou tuiste word…

George Brits ·

Rus sag oom Petrus. Sterkte vir tannie Annie en die familie.

Poppie ·

Hoe lekker loop my trane nou oor iemand wat ek nie eers ken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.