Inkleur help vir die seer

Karlien Erasmus en Lize Beekman. Foto: Maroela Media

Karlien Erasmus en Lize Beekman. Foto: Maroela Media

“Die inkleur van mandalas is reeds in Freud se tyd gebruik as ʼn praktiese terapeutiese manier om pasiënte te help om uiting te gee aan emosies wat hulle onbewustelik ervaar.”

Só sê Karlien Erasmus, bekende sielkundige van Pretoria, wat gespreksleier was by die boekbespreking van Lize Beekman se inkleurboek by vanjaar se Boekejol en Filmrolfees in Pretoria.

Lize Beekman, beter bekend as liedjieskrywer en sanger, het oor haar inkleurboek gepraat en hoe dié boek sy verskyning gemaak het. Maroela Media het laas jaar berig oor hoe Lize erge trauma deurgewerk het deur die teken van mandalas. Lees hier.

Ná ʼn onderhoud op Kwêla in 2013, het mense Lize begin nader om oor hul eie seer te vertel en wou ook raad vra oor hoe om mandalas te teken. “Ek beskou myself nie as ʼn kenner nie, ek het net my ervaring met hulle gedeel,” sê Lize.

Nadat verskeie mense gevra het of hulle nie ʼn afskrif van Lize se mandalas kan gebruik om in te kleur nie, het sy besluit om dit in boekformaat te plaas.

Erasmus sê iets soos inkleur aktiveer ook die kreatiewe deel van die brein en help om gedagtes te orden. “So ʼn komplekse verlies is ʼn baie moeilike ding, want ʼn mens weet nie wat om met al daai emosies te doen nie. Dit is bekend in sielkunde dat ʼn mens allerhande tegnieke gebruik om mense te help om kontak te maak met daai onbewuste ervarings. Inkleur is iets wat verligting kan bring.”

Feesgangers het elk ʼn bladsy van Lize se inkleurboek gekry en kon heerlik sit en inkleur terwyl sy oor haar ervaring gesels.

Een van die feesgangers wou by Lize weet of daar spesifieke reëls is as dit kom by die inkleur van mandalas, maar Lize beskryf haar inkleurboek as iets wat nie gekoppel is aan reëls nie.

“Daai is jóú spasie – doen net wat jy wil …”

Besoek Lize se webblad as jy ʼn eksemplaar van die inkleurboek wil hê. Gaan loer gerus ook na die Boekejol en Filmrolfees se program.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kobus ·

En skryf, as jy ouer is, om te vertel van jou eie Guatanamobaai.

SNEL ·

Die adult colouring books is nie n nuwe ding nie, dit is al in ander lande beskikbaar. Mandalas is a circular figure, representing the universe in Hindu and Buddhist symbolism….so dis n Big No-No vir elke een wat homself n volgeling van Jesus Christus noem. Mens voeter mos nie met dinge van ander gelowe nie, jou hulp kom van die Here af, Hy dra jou deur moeilike tye en stressvolle tye…enige tye. Ons oë en afhanklikheid moet alleenlik van die Here kom. As jy in God glo en Hom alleen middelpunt in jou lewe maak, hou jy verby as dit hom by dinge wat oorsprong het van ander gelowe. Jy kan nie God dien, maar tog met n “onskuldige” dingetjie van n ander geloof betrokke wees nie. Ons God soek ons vir Homself. As jy kennis van simbole en tekens het, sal jy ook gou agter kom as jy deur so boek blaai dat daar in n prentjie goed is wat nie reg is nie. As iets nie in lyn met God en Sy Woord is nie, is dit in lyn met…., hou eerder verby.

Jaco ·

Snel… Moet eerder nie n kenner probeer wees op n veld wat jy nie is nie. Ek kan uit persoonlike ondervinding se hierdie het mense naby aan my ontsaglik gehelp met depressie en ander emosionele probleme. Jy glo ook seker nie in depressie nie want die bybel praat nie van dit nie. Oordeel jy mense wat jag ook ? Ek meen hulle besit dan n bok kop ? En wat doen jy as jy n swart kat sien ? Almal weet tog swart kat word in sataniese rituele gebruik ? Die onverdraagsaamheid van Christene en Islam wereldwyd is vir n groot deel van die wereld se probleme verantwoordelik. Los mense uit, jy is nie aangestel as regter nie. Het jy al gedink wat sal jy doen as die wereld eendag eindig en jy het al die tyd aan die verkeerde geloof behoort ?

Elsabe ·

SNEL – ek is tog so dankiebly dat jy hierdie so goed onderlig het….ek wou dit hier doen en het eers gesit en dink daaroor – het al soveel keer onder die skerp tonge deurgeloop dat ek nie heeltemal lus was daarvoor. Mense besef nie dat hul deure oopmaak nie – net soos diegene met al die tatoeermerke! Hou liefs verby – gaan doen huiswerk voordat jy jouself tot hierdie goed wend!

SNEL ·

Elsabe, ek het ook al deurgeloop met skerp tonge, maar as hulle Jesus vervolg en gespot het, hoeveel te meer sal sulke goed dan nie met ons gebeur nie ( 2Tim3:12). Ek het so ruk terug ook weer deurgeloop toe ek sê yoga is verkeerd, want dis n Hindu manier van aanbidding en as kind van God moet jy dit dan nie beoefen nie. Soos iemand dit nou die dag so mooi vir my gestel het; as sy God se Woord aan iemand verkondig en daai persoon wil dit nie hoor nie, sien sy in haar gedagtes hoe sy die sand van haar voete afskud en aanbeweeg. Wel, ek kan dieselfde sê, maar my Bybel sê ek sal my nie skaam oor die evangelie nie ( Rom 1:16) so ek sal praat. Ek voel as ek so inkleurboek het en ek gebruik hom, en n ander kind van die Here weet dat dit nie reg is nie, en hulle waarsku my nie, is hulle skuldig aan my val of om my in die duister te hou, so ons moet mekaar waarsku. Die wat wil hoor kan luister en die ander kan maar aanvoeter. Jesus het niemand gesmeek om Hom te volg of om te luister na Hom nie, as dissipels van Hom, volg ons wat Hy doen, so ons sê wat ons weet sodat die wat 100% God wil volg weet waarvan om weg te bly of versigtig voor te wees. Die ander het gehoor en ek was my hande in onskuld.

Lee-anne ·

ek stem, noem dan maar net inkleurprentjies? Dis nie Hindu simbole wat gebruik word nie, is dit?

Alice ·

Dit is nou regtig die grootste pot snot ooit. Die diebarste kinders van ons Vader kleur mandalas in en hul geloof wankel nie. Intendeel, baie ondersteun en bid gereeld vir mekaar. Die duiwel is lustig,dit gee ek toe, maar aai ons ons gee hom soveel krag as ons n duiwel en demoon in als soek, regtig

SNEL ·

Alice, wat sê God in sy Woord, is dit reg om met ander gelowe se goed besig te wees of betrokke by te wees?

Dark.O ·

Ek wonder of die sielkundie dit reg het. Sigmund Freud het nie met mandalas gewerk nie, maar wel Carl Gustav Jung?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.