Internasionale erkenning vir SA dokkie

Foto: www.pixabay.com

Foto: www.pixabay.com

Die Suid-Afrikaanse dokumentêr My Life on the Tracks – the Rohan Vos Story is pas gekies as een van die min flieks wat tydens die Hollywood Internasionale Onafhanklike Dokumentêre Toekenningsgeleentheid (HIIDA) vertoon gaan word.

Die dokumentêr is die enigste van Suid-Afrika wat ’n draai by dié bekroningsaand gaan maak en met ʼn toekenning vir dokumentêre uitnemendheid huis toe gaan.

HIIDA is ʼn filmfees wat eksklusief aan dokumentêre flieks gewy word om sodoende dokumentêre filmmakers erkenning te gee vir hul werk.

My Life on the Tracks – the Rohan Vos Story is geskryf en vervaardig deur Deon van Zyl.

Dié dokumentêr vertel die merkwaardige verhaal van Rohan de Vos, die eienaar en stigter van die grootste private spoorweg in Suid-Afrika, wat in Delareyville in die Noordwes-provinsie grootgeword het.

Van Zyl sê dié storie vertel ʼn intense en uitdagende verhaal waarvan sommige dele nog nooit vertel is nie.

Hy sê ook dié geleentheid is ʼn groot voorreg en ʼn bewys dat toegewydheid raakgesien word. “Ek is ongelooflik trots daarop om ʼn Suid-Afrikaner te wees, en om as Suid-Afrikaanse filmmaker op ʼn internasionale platform erken te word,” het van Zyl in ʼn verklaring gesê.

Die geleentheid vind op 30 Junie plaas by die Raleigh Studios in Hollywood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.