Internasionale kankerdag: Borskanker – wat jy moet weet

'n Strikkie vir die borskankerbewusmakingsveldtog

‘n Strikkie vir die borskankerbewusmakingsveldtog

Ongeveer een uit elke agt vroue ontwikkel die een of ander tyd borskanker in lewe, wat dit die algemeenste kanker onder vroue maak.

Risikofaktore vir borskanker:

  • Ouer as 50.
  • Langtermyngebruik van hormoonvervangingsterapie.
  • Kanker in die familie het.
  • Vroeë menstruasie of laat menopouse.
  • Leefstyl: alkoholverbruik, rook of oorgewig.

Tekens en simptome van kanker

Die waarskuwingstekens verskil van mens tot mens – sommige mense het geen simptome nie. Dit is juis daarom dat vroue vir ʼn roetine mammogram moet gaan. Die eerste tekens van borskanker is ʼn knop in die bors of armholte, of:

  • Verdikking of swelling van ʼn deel van die bors.
  • Verrimpeling van die vel.
  • Verandering van velkleur rondom die tepel, soos rooierig of krapperigheid.
  • Verander van grootte of vorm van die bors.
  • Enige pyn in die bors.
  • Een bors is laer as die ander een.

Onthou dat dié waarskuwingstekens ook simptome van ander siektes kan wees en nie noodwendig borskanker is nie. Maak ʼn afspraak vir ʼn mammogram om seker te maak wat die oorsaak is. Borskanker is makliker om te behandel wanneer dit vroeg opgespoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.