Intiem vier sy vyftigste uitgawe

Intiem-tydskrif-50-Liezel-van-der-Merwe-Anel-en-Dewald-Wasserfall

Liezel van der Merwe saam met Anel en Dewald Wasserfall tydens die geleentheid om ‘Intiem’ se vyftigste uitgawe te vier. Foto: Esté Meyer Jansen.

Die tydskrif Intiem het Dinsdagoggend sy vyftigste uitgawe saam met van hulle vorige voorbladgesigte, soos Dewald Wasserfall en sy vrou Anel en ander uitgesoekte gaste, by Isabella’s restaurant in die ooste van Pretoria gevier.

“Toe ons in 2006 ʼn christelike tydskrif wou begin wat oor seks en geloof skryf, het mense gedink dit is nie moontlik nie. Tog staan ons vandag hier om die vyftigste uitgawe van die tydskrif te vier,” het Annelize Steyn, redakteur van Intiem gesê.

Volgens Annelize het sy en die besturende redakteur, Liezel van der Merwe, geroepe gevoel het om die tydskrif te begin, veral teen die agtergrond van Suid-Afrika se hoë egskeidingsyfer. “Die inhoud en voorkoms van Intiem het oor die jare verander, maar beslis nie die hart van die tydskrif nie.”

Liezel beskryf die laaste nege jaar se reis as een van groot vreugdes, groot uitdagings en groot wonderwerke. “Buiten die tydskrif se sukses het ons ook verskeie spesiale dae vir paartjies aangebied, die jaarlikse SA Huweliksweek-inisiatief begin en die Suid-Afrika se eerste liefdesbrug in Pretoria opgerig.”

Intiem-tydskrif-50-Liezel-van-der-Merwe-en-Annelize-Steyn

Liezel van der Merwe, die besturende redakteur, en Annelize Steyn, die redakteur van Intiem. Foto: Esté Meyer Jansen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.