Is jou hond onder die top-10?

Foto: Pixabay.com

Foto: Pixabay.com

Volgens die sielkundige, Stanley Coren, is daar verskeie maniere om ʼn hond se intelligensie te toets: onder meer hoe vinnig hulle dinge uitpluis, hoe goed bevele uitgevoer word en interpersoonlike intelligensie. Coren het ʼn studie gedoen om te sien watter tipe honde dié toetse “slaag” en ʼn toplys opgestel. Sommige honde deel ʼn posisie.

Die top-10 van die eerste drie vlakke lyk soos volg:

Eerste (hoogste) vlak

Honde wat 95 persent van die tyd na bevele luister en minder as vyf sekondes vat om ʼn nuwe bevel aan te leer.

1. Borderkollie
2. Poedel
3. Duitse herdershond
4. Golden retriever
5. Dobermann-pinscher
6. Shetlandskaaphond (Skotse herdershond)
7. Labrador-retriever
8. Papillon
9. Rottweiler
10. Australiese veehond

Tweede vlak

Uitstekende werkshonde wat ongeveer 85 persent van die tyd bevele uitvoer. Dié honde sal ná vyf tot 15 keer se blootstelling ʼn bevel baasraak.

  1. Pembroke Walliese herdershond
  2. Miniatuur-schnauzer
  3. Engelse springerspanjoel
  4. Belgiese tervuren
  5. Skipperke
  6. Belgiese skaaphond
  7. Kollie
  8. Keeshond
  9. Duitse korthaar-pointer
  10. Plathaar-retriever
  11. Engelse cockerspanjoel
  12. Schnauzer

Derde vlak 

Dié honde is bogemiddeld en sal ʼn nuwe toertjie in ongeveer 15 tot 25 herhalings leer. Hulle sal 70 persent van die tyd na bevele luister. 

  1. Chesapeakebaai-retriever
  2. Puli
  3. Yorkshireterriër
  4. Reuseschnauzer
  5. Portugese waterhond
  6. Airedale
  7. Bouvier des Flandres
  8. Borderterriër
  9. Briard
  10. Walliese springerspanjoel

Lees die volledige berig hier om al die verskillende vlakke te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

A ·

Dan tel my staffie en jack russel seker onder die 10 liefdevolste honde. Myne luister en verstaan as ek praat.

Cedz ·

A, ek stem volkome saam met jou, want ek het self Jack Russels en hulle is van die dierbaarste honde wat mens kry. Hulle leer ook redelik vinnig en is VREESLIK vol liefde. Staffies het my pa ook gehad en hulle is net so dierbaar…

Marietjie ·

Ja nee my Jack Russel is net die liefde vanself. Ek het so pas ook agter gekom my Great Dane’s is ook maar dom honde volgens die lys. My 2 is ook net liefde. Hulle voel verseker hartseer aan. Ek was eenkeer in trane oor iets en my Great Dane het gekom en die trane kom aflek en my getroos. Wel ek moes verwoed keer want hy wou net lek en lek en lek.

Andre ·

Ons het ook n staffie en n jack russel , baie liefdevolle honde , behalwe as die jack russel dink sy is n skopgraaf.

Wiebo ·

Ek stem saam. Jack Russels is die gehoorsaamste en mees liefdevolle honde. My 1 jarige tefie is baie soet, en luister ALTYD. Sy verstaan afrikaans en alles wat ek vir haar se. Het nog nooit lelik met haar gepraat nie, praat net normaal met haar. Kan nie wag om haar vanaand weer te sien as ek by die huis aankom nie! Sy is die beste, en kry ook net die beste, want sy verdien dit!

Jan ·

Ek stem nie regtig saam nie. Ek het n boerboel en hy is regtig baie slim

Harambe ·

My boerboel is nie juis slim nie. Hy’t vier jaar gelede al sy geld by Kumba Iron Ore bele en nou het hy omtrent alles verloor.

BOLANDER ·

Altyd geweet my Franse poedel is buiten gewoon baie slim en gehoorsaam.

Voorlaaier ·

My engelse bul hond is so dom soos grond maar dammit ek is lief vir hom!!!

Riaan ·

Ek het ‘n Golden Retriever. Jy wys hom regtig net een keer ‘n ding. Jy kan amper met him praat soos met ‘n mens. Meer gehoorsaam as my kinders. Meer as net deel van ons gesin. Hy maak seker dat hy so ver as moontlik deel van die middel daarvan is. Hy het my kinders meer geleer as wat ek hom ooit geleer het.

Colette ·

Ek het nie verniet my Borderkollie Newton genoem nie. Hy is vernoem na Isaac Newton. Die probleem met sulke intellegente honde is egter dat hulle heeltyd moet werk kry, anders maak hulle vir hulleself (en jou) baie werk. En om alles te kroon, is hulle hoë energie honde wat gereelde oefening moet kry en die daaglikse stappie om die blok is nie genoeg nie. Borders is nie vir onaktiewe mense nie.

Monique ·

Jip, stem saam as jy net n troetel dier soek is Borderkollie nie vir jou nie, hulle is soos n kind in die huis en moet heeldag gestimilleer word. Ek probeer my Borderkollie in alles te betrek wat ek doen, behalwe werk toe gaan?

Estie ·

Ek stem saam met baie van die honde op die lys maar glad dat die Jack Russells nie genoem word nie .. ons het in die eerste paar maande vir ons twee geleer om te sit vir kos, potty buite en wat beteken die belangrikste woorde soos kom, nee, wag, in die bed, buite, piepie daai tiepe goed en nog nooit het hulle dit afgeleer nie inteendeel leer hulle net nog by soos gaan soek vir Pappa of I love you (dan bos hulle net uit soos wat almal weet n Jackie kan uitbos hahaha) hulle verstaan ook jou gevoelens sonder dat jy dit eers hoef te wys en te se, baaaie liefdevolle hondjies. Defnitief kan hulle maar na deesdae se Jackies gaan kyk dit hang net af hoe jy hulle groot maak en met hoeveel aandag meeste los hulle net buite omdat hulle so aktief is ❤?

Karin Bloem ·

En dan is daar natuurlik Dachsies, oftewel worshonde en myne is natuurlik No 1a in alle kategoriee, in elk geval in my opinie (dis nou ‘n kategorie nog bokant 1!). Slimmer en meer liefdevol sal jy ver moet gaan soek. En die heel beste rotvanger ooit :-)

Kiepie ·

Karin, worsies het seker besluit om die deel te neem aan die studie. Dis benede hulle. ;-)

Boerhond ·

Sien nerens ‘n Boerboel by naam nie. Dit is ‘n geregistreerde ras met kopiereg op die naam. Baie liefdevol, gemaklik met kinders en baie beskermend. Ek dink hulle is ook so dom soos grond of dalk doringdraad MAAR hulle hoef net EEN truuk te verstaan…………… Raai maar lekker. Boerboelgroete

Henk Stander ·

Boerboel as ń ras was geteel om leeus meer te jag en om due vroyens op due plase te beskerm as die mans weg is op lng jagtogte. Vir my is Boerboele net soos regte Afrikaners: eenvoudig(nie dom nie), opreg en uiters beskermend.

Dit gesê, honde is fantasiese maats vur due mens en wat ookal jy het, geniet en wardeur hulle.

Martin ·

As daar ‘n lys was vir domste hond, maar liefstevolste dan is my vrou se Bassett heel bo. Dom en lui hond hehe

rene ·

My seun hulle het n Basset en ek dink Noobster is baie slim.Hy moet net praat.Hahaha.Hy is baie temperateel en hulle praat Spaans met hom, op aandrang van die veearts.Dis blykbaar n sagterbtaal as Engels

Mark ·

Neewat ou maat kom drink eers ma n koppie koffie by my en my 2 worsies… Jy sal jou lys opeet!
DOXY 4 LIFE

Daaf ·

Duitse Herdershonde is inderdaad super intelligent en was vir baie jare die nr1 keuse as n werkshond. Hulle is egter grootliks deur die Malinois (wat ek nie op die lys sien nie) vervang as die nr1 keuse vir militere en polisie diens. Die moderne Duitse herdershond is egter n slagoffer van die mens se edelheid en n ongesonde fokus op konformasie (skoulyne) het die ras baie skade berokkel. Daar is egter nog toegewyde telers wat grootliks fokus op funksionaliteit maar die energie, dryf en sterk persoonlikhede van die lyne is net soos die Malinois te veel vir die gewone troeteldier eienaar. Met baie fisiese en verstandelike stimulasie en n hanteerder wat hierdie honde verstaan, is n Duitse herdershond uit n werklyn werklik die beste hond wat jy moontlik voor kan vra

Neilia ·

Ek het n jack russel en n fox terrier. Slimste stoutste kinders maar dis my kinders. Die jack russel is die een wat jou sal oplek en lok met liefde dan wag die fox terrier om jou te attack as jy te naby sy mense kom. Hulle dalk klein maar het scheme hulle is rottweiler. Enige plek waar ons heen gaan word dadelik in hulle besit geneem.

Koos Kakebeen ·

Ek kom nou eers agter my Rottweiler is onder die intellegente groep. Seker n drukfout!

Adri ·

Sinnelose inligting. Die meeste van die honde is totaal onbekend aan die meeste van ons. Uiteindelik het elke hond sy eie persoonlikheid, intelligensie en liggaamsbou. Ek is lief vir elkeen van my drie honde – ongeag hulle intelligensie.

w ·

Myne Pitt Bull. Stap elke dag. Baie gehoorsaam. Wanneer ek se hier kom n kar klim sy op sypaadjie. Kry nooit raas want sy werklik baie soet en gehoorsaam. Wil almal langs die pad groet en sy steur haar ni aan katte nie. Ek van baie jong ouderdom vi ha gese ons maak nie katties seer nie. Buurman koni glo dat sy geensins moeite doen om sy katte te jaag nie. Sys my engel. Baie lief vi ha

johan ·

Enige top tien vir honde wat tuinmaak?? Ek lief ons boxer, hy is n goeie landscaper!!!

Jachques ·

Sjoe. So dan is my Hond seker die vinnigste en dis n husky haha…. maar ja met gehoor en reuk sintuie is sy vrek goed op ver afstand…. en ek het glad nie gesukkel om haar te leer nie.

Celia ·

Kwaai, beskermend en liefdevol, my worsie van 10 jaar. Ry orals saam. Slaap onder die duwet by my. Beste geskenkie wat God my kon gee. Deur Basy het ek begin stap en so baie vriende gemaak. Hy is baie slim en verstaan elke woord! As ek bid, en AMEN se , dan staan Basy op!Terwyl ek bid, soms BAIE LANK, sit hy doodstil! Dis amazing.

bianca ·

shame,
ek het dan die domste hondjies… maar so life vir hulle

marianna ·

Ja jack russsel is net die beste, ”n Meer optimistiese hond kry jy nie, doen net wat hy wil en waag ?, daar is niks wat hy nie ” tackle” nie en is ‘n goeie waghondjie dag en nag.

Nicky Smit ·

Stem saam dat Worsies seker nie getoets is nie. Myne is ongelooflik slim en verstaan alles wat ek se. Hy word ook net 2 keer iets gewys en dan weet hy die volgende keer. Hy is ontsettend liefdevol en slaap ook onder duvet saam met my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.