Janine wil wen met ‘Jenna verloor ʼn mens’


Foto: Facebook

Foto: Facebook

Wanneer jy vir jouself in die spieël kyk en nie meer hou van wat jy sien nie, is daar slegs twee roetes wat jy kan volg: Jy vermy die spieël en gaan voort asof niks fout is nie, of jy besluit om te verander.

Janine Kotze (31) het só ʼn punt in haar lewe bereik toe sy soveel gewig aangesit het dat sy haarself nie meer herken het nie. “Ek is ʼn haarkapper, so ek kyk elke dag vir myself in ʼn spieël terwyl ek met mense se hare werk. Jy sien jouself raak, maar jy wil jouself miskyk.”

Janine sê sy het lank met dié probleem gesit, maar dit altyd met ʼn grappie probeer wegpraat. “Ek het ʼn grap gemaak van alles en selfs grappies gemaak oor my lyf.” Die draaipunt het gekom toe haar man eendag by haar kom sit het en sy hart met haar gedeel het. “Hy het vir my gesê hy het nie ʼn probleem met wie en wat ek is nie, maar die feit dat ek ʼn grap van myself maak laat hom anders na my kyk.” Volgens Janine was dit al wat sy nodig gehad het om haar in die regte rigting te stuur.

Sy het vir ʼn week lank reg geëet, maar daarna weer in dieselfde roetine geval. “Ek het besef al probeer almal my daar kry, moet ek sélf daar kom. Ek het een oggend opgestaan en vir my man gesê: ‘Dit is vandag. Vandag maak ek ʼn verskil in my lewe’.”

Haar Facebook-blad ‘Jenna verloor ’n mens’ is aanduiding dat sy vasberade is.

Dis nou al ʼn maand dat sy reg eet en hard oefen. “Elke dag is vir my moeilik en elke dag moet ek vir myself sê: ‘Gaan net gym toe.’ Elke dag moet ek met myself praat en sê doen dit net!”

Janine hoef darem nie dié moeilike pad alleen te stap nie en sy meen dat sy omring is deur wonderlike mense. Haar instrukteur, Elaine, is vreeslik gemotiveerd om vir Janine by haar teikengewig te kry. “Waarmee ek gemaklik sal wees, is 80 kg, maar, soos wat ek vir Elaine ken, sal sy my druk tot ek by 72 kg is.”

Maar dis veral haar man, Driaan, wat haar grootste motivering is. “My man is ʼn ongelooflike steunpilaar. Hy loop hierdie pad saam met my. As ek voel ek is swak en kan nie meer nie, dan inspireer hy my.”

Luister gerus na die podsending om te hoor waarom Janine dié moeilike pad in die openbare oog aanpak.

Besoek ook Janine se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elaine Pieterse ·

Baie trots op jou Jenna! Ons vat dit dag vir dag. Elke stap na die nuwe jy!

nadine ·

Wow dis baie awesome. Ek sit in die selfde boodjie en ergste is eks 23 en dink amper ek is grooter as jy. So baie baie danki ek gaan vir my iets of iemand kry om op te fokus en begin my lewe verander. Dankie baie.

SNEL ·

Ek roei ook in die bootjie, en daarom weet ek hoekom doen sy dit in die openbare oog, want op jou eie is “môre” n nuwe begin sodra daar iets lekkers oor jou pad kom. Mens het daai polisieman agter jou nodig of dit moet vir jou voel dat jy aan iemand verantwoording moet gee, want ek dink soos mens gewig opgetel het deur die jare besef mens nie hoe erg die probleem is nie, en daaroor val mens ook so gou weer terug in die eetgewoontes waaraan n mens vir jare al gewoond is. Slegte eetgewoontes verleer of skud mens ook nie oornag af nie. Die ding van as jy n maand op n gesonde eetpatroon is het jy nuwe eetgewoontes aangeleer is nonsies. Dis n daaglikse proses om jou kop gefokus te kry en te besef jy doen dit vir jouself en jou gesondheid. Mense stel teleur, daarom is dit altyd die beste om net op jou te fokus en dit vir jouself te doen. Ek het al meer as drie keer van vreeslik vet, gewig verloor tot op my doelgewig en elke keer tel ek dit net weer op, want, ek ontsê my van alles en sodra ek my doel bereik het, dan proe ek hier en proe daar en voor ek my kan kry is ek weer in my ou gewoontes (wat mens soos ek al gesê het nie net ontslae van raak nie) en tel ek alles op. Nou het ek van die begin van die jaar begin om kalorië te tel. Dit maak n groot verskil vir my, ek het nou al verjaarsdae gehad en was al met vakansie en my 17kg wat ek verloor het bly nog net so af, wat n wonderwerke vir my is. Ek fokus ook om te kyk om gesonder keuses wat kos aanbetref te maak en my slagspreke is; Focus on why I started and do this for my health. Be the person who finds a way, not an excuse (want ek kan so gou in plaas van iets gesonds maak om te eet net iets vinnig gryp omdat my tyd min is). Change my mind to change my body – think thin and eat like somebody that’s already on my goal weight. Die ou sinnetjies hou my gefokus elke dag en as ek voel ek val uit die bus uit dink ek aan; The greatest weakness lies in giving up. The most certain way to succeed is always to try just ONE more time and No matter how hard it is, just keep going because you only fail when you give up. Mens kan oefen soos jy wil, maar as jy nie reg eet nie, help daai oefeninge niks. Mens kan reg eet sonder oefeninge en dan verloor jy nogsteeds gewig, maar al oefen jy en jy eet nie reg nie, sal jy niks verloor nie. Punt is, kry n lewensstyl om gewig te verloor en nie n dieët nie, want mens wil nie net gewig verloor nie, mens wil daar bly en daai maer lyfie deel maak van die nuwe JY. Die beste goed kom deur hard daarvoor te werk. So laat ons stap vir stap en tree vir tree stap na n nuwer gesonder lyf. Sterkte aan almal wat met n soettand en n oog vir n lekker dingetjie gebore is. Ons sal oorwin! Ons is sterker as wat ons dink en verdien ook om goed te lyk.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Baie mooi Janine ons almal hou virjou dium vas ek weet sommer jy gaan dit regkry baie sterkte

Landi ·

Dis awesome ek wens ek het wildskrag gehad soos jy – well done aanhouer wen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.