Joey Haarhoff was my ma …

Amor van der Westhuyzen en Carla van der Spuy het Saterdag by vanjaar se Boekejol en Filmrolfees in Pretoria die boek "Mishandel, misbruik, misken", bespreek. Foto: Maroela Media

Amor van der Westhuyzen en Carla van der Spuy het Saterdag by vanjaar se Boekejol en Filmrolfees in Pretoria die boek “Mishandel, misbruik, misken”, bespreek. Foto: Maroela Media

Die verhaal van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff is ʼn bekende een. Tussen 1988 en 1990 het dié paartjie van Pretoria ses meisies ontvoer. Vandag, jare later, is daar steeds geen spoor van die meisies nie en die saak bly onopgelos.

Maar die verhaal eindig nie daar nie. Hierdie ses meisies was nie die enigste slagoffers van Gert en Joey nie. Amor van der Westhuyzen, Joey se dogter, moes jare lank mishandeling deur haar ma verduur. Verbale, fisieke en seksuele mishandeling was deel van Amor se grootwordjare. Etlike jare later het sy saam met joernalis Carla van der Spuy die boek Mishandel, misbruik, misken, wat haar verhaal vertel, die lig laat sien.

Amor en Carla het Saterdag by vanjaar se Boekejol en Filmrolfees in Pretoria die boek bespreek met kliniese sielkundige dr. Henk Swanepoel as gespreksleier.

“Ek moes baie hard werk om die mens te word wat ek vandag is,” sê Amor. Sy wou nie soos haar ma word nie en sê dit het jare gevat om ʼn “normale” mens te word. Vir Amor was dinge soos verhoudings, vertroue en liefde gee, iets wat sy van voor af moes leer omdat sy dit nie as kind geleer het nie. “Ek wou nie aan my kinders doen wat my ma-hulle aan my gedoen het nie.”

Dr Henk Swanepoel. Foto: Maroela Media

Dr Henk Swanepoel. Foto: Maroela Media

Amor vertel van die eerste keer toe sy vir Gert van Rooyen ontmoet het, en oor haar ma se obsessiewe liefde vir hom. Sy sê haar ma het Gert altyd verdedig, ten spyte van die dinge wat hy gedoen het, en dat sy presies geweet het waarmee hy besig was. “Gert was ʼn netjiese man gewees, maar daar was iets van hom wat my afgesit het. Ek het nie gemaklik by hom gevoel nie.”

In die boek vertel sy van haar ervaring met Gert, wat sy moes deurgaan ná die paartjie se dood, haar stryd met geloof en hoe dit haar huwelik en gesinslewe ook geraak het. Dit is ʼn eerlike en skokkende verhaal van Amor se grootwordjare en watter rol haar ma in dié mishandeling gespeel het. Amor sukkel om die trane te sluk wanneer sy oor haar ma praat. “Ek sal altyd lief wees vir my ma. Jou ma bly jou ma.”

Hierdie boek is darem ʼn verhaal van hoop ook, en hoe ʼn mens, ten spyte van jou omstandighede, jou lewe kan verander. “Die Here het iets leliks gevat, dit gedraai en my as instrument gebruik om ander te bemoedig,” sê Amor.

Nadat die boek uitgegee is, het verskeie mense haar genader en van hul eie seer vertel. Sy sê dit was juis die doel van die boek – om mense te laat praat oor hul eie ervaring sodat daar genesing kan kom. Sy vertel van mense wat ná jare lange mishandeling vir die eerste keer bereid was om iets daaroor te sê.

Koop die boek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Kiepie ·

Iets strook nie hier nie. Volgens haar Facebook profiel is Me. van der Westhuyzen reeds in 1985 getroud. Hoe kon sy dan onder hom gelei het as haar Ma hom eers in 1988 ontmoet het. En as sy geweet het waarmee hy besig is terwyl sy reeds ‘n volwasse, getroude vrou was, waarom het sy hom nie gerapporteer nie?

Kandas ·

Dit sê nie Joey het Gert eers in 1988 ontmoet nie, wel dat die 6 meisies gedurende daardie tyd en 1990 ontvoer is. Hulle het mekaar, soos ek verstaan, ‘n geruime tyd voor die ontvoerings geken?

Landi Slatter ·

Dagsê Kiepie,

Dankie vir jou terugvoer. Ons het die berig aangepas om verwarring uit te skakel. Amor het nie by hulle gebly nie, maar daar was volgens haar ‘n voorval toe sy by hulle gaan kuier het in daardie tydperk. Amor verduidelik dié spesifieke geval in haar boek. Sien gerus die skakel onderaan die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Kiepie ·

Baie dankie vir jou terugvoer, Landi Malan. Ek probeer nie die dame se geloofwaardigheid afbreuk of dit waardeur sy gegaan het afspeel nie. Ek sal beslis hierdie boek wil lees en ek hoop dat die boek vir haar en vir ander sal help op die pad van herstel.

Klippie ·

Ek het saam met Joey Haarhoff in dieselfde kantoor gesit toe sy Gert van Rooyen ontmoet het. Joey het Gert by die kerk ontmoet. Joey was ‘n gawe vrou maar het baie verander nadat sy Gert van Rooyen ontmoet het. Wonder wat het van Joey se seun geword – hy was daardie jare behandel vir leukemia. Dit wat daar gebeur het, het nie ooreengestem met die Joey wat ons geken het nie!!

Lalla ·

Ek is jammer, as my ma my aan sulke goed blootgestel sal ek nie vir haar lief wees nie. Daar is geen manier nie. Ek het self nie ‘n goeie verhouding met my ma nie, alhoewel sy nie sulke goed aan my gedoen het nie, is sy baie intimiderend en manipulerend. En dit is al klaar vir my moeilik om vir haar lief te wees. Dit is iets wat ek nie vir haar se nie “ek is lief vir jou”, want ek is nie, en ek gaan nie ‘n moordkuil van my hart maak nie. Baie sterkte Amore, ek kan myself nie eens indink hoe jy oor alles moet voel, en nogtans het jy dit oorwin nie.

Ashoop Lappop ·

Lalla, jy moet probeer vergewe. Jy kan nie voorentoe met soveel bagasie wat jou agter hou nie. Jy IS lief vir jou Ma, jy wil dit net nie erken nie want dit gee jou ‘n mate van beheer oor die situasie. Ek weet waarvan ek praat. Ek was 40 toe ek vir die eerste keer vir my Ma gese het ek is lief vir haar. Somtyds is dit nog moeilik maar dit raak makiliker. Jy moet vergewe ook, soms tot 70 maal.

Yolande ·

Lalla verstaan heeltemal wat jy se. My ma is net so. Mens vergewe maar jy laat net weer nooit toe om seergemaak te word. Eks nie meer kwaad bitter of seer nie, ek voel niks

Theresa ·

Baie genade dat die dogter, Amor, ‘n positiewe gesindheid uitleef en ander wil help. Ek dink daar is soveel meer mense wat gebuk gaan onder mishandeling, as wat ons ooit besef. En die ander 2 mense wat soveel pyn aan die ouers van die 6 dogters gebring het – dat sy nog daardeur ook moes worstel. Sterkte vorentoe.

Veritas ·

Georgie ek is geneig om saam te stem maar dalk is dit net haar manier om daardie deel van haar lewe, af te sluit. Ons sal nie weet hoe soiets aan iemand, wat dit moes deurmaak, knaag nie.

Mona ·

Ek is 1982 gebore en ken net wat mense my vertel het. Ek sal ni di boek koop ni want ek hou ni daarvan om van kinder mishandeling te lees ni maar met my luck gaan iemand hom vir my gee en dan as ek verveeld is gaan ek hom lees en dan gaan dit my ontstel. Sjoe ja dan vat dit ñ ruk om te herstel.

sus ·

Tipies Georgi, van die Afrikaner wat net kan beledig en afbreek. Ek se jou wat. Hou jy jou kop in daardie gat in die grond waar jy so veilig voel.

Pieta ·

Georgie, jy hoef die boek nie te koop nie. Daar is heelparty mense wat deur hel gegaan het in hul ouerhuise, en ek is oortuig dat dié boek vir baie van hulle kan help. Ook vir mense wat met mishandelde kinders werk en nie besef waardeur sulke kinders alles moet werk nie. Ek wonder net waar het jóú vertroue in die mensdom seergekry, om te verwag dat Amor in die boek sal jok om aandag of simpatie te kry… Ek vertrou dié boek gaan heelparty mense help, maar ja, dis seker nie vir almal nie…

wilma Potgieter ·

Hier op ons dorp is n psigopaat wat altyd kids by hom het. N vrou is so deur hom gemanipuleer dat sy ook als doen wat hy vir haar se. Die arme vrou is n slagoffer en Joey se dogter was ook n slagoffer. Beide Gert en Joey dalk psigopate?

Sus ·

Wilma ek hoop jy besef jy oortree ‘n wet as jy nie die aangeleentheid rapporteer nie en kan dus vervolg word. Ons leef in ‘n siek samelewing en kinders kan nie altyd vir hulleself praat nie.

jacques scheepers ·

Sommige mense sal altyd vinnig wees om n emosionele opinie te gee sonder om hierdie artikel deurdagtig te bepeins. Stel jou voor…..jou ma….van alle mense doen die verskriklikste dinge aan jou…jou ma…en dan gaan sy dood a.g.v. haar verskriklike dade…….nou moet jy lewe….al verskil….in die geheim. Ek dink haar dogter is wonderlike om dit in boekvorm te plaas ……want êrens daarbuite is daar.nog sulke gevalle..en net meskien kan sy ander help om weer ander te help.
.

Annatjie Kruger ·

Ek sal self ook nie die boek koop of lees nie, maar dit bloot omdat ek nie geneig is om outo-biografieke te lees nie. Maar ek kan verstaan dat daar mense sal wees wie bemoediging uit die lees van die boek kan pit. Dit is ook belangrik dat mense in mishandelingsomstandighede kan sien dat hulle nie alleen is nie. Te dikwels bly mense stil, vir ‘n groot aantal redes. Ek is bly sy het die boek geskryf en hoop dat daar mense is wie dit sal kan gebruik om hulle te help in hul eie lewens.

Tray ·

Soms wens ek dat ek ook kon skryf oor my seerkry, mishandeling, wegstuur en dat daar hulp beskikbaar was in daardie jare.
Wonder hoe oud die dames is wat teen die boek se uitgawe of skrywe is? Mensies, regtig, as jy nie aan sulke dinge blootgestel was nie, ag jouself ontsettend gelukkig vir so ‘n kinderlewe wat gelei het tot jou volmaakte grootmens lewe.
Vir ons ander, wat nog steeds die letsels met ons saamdra……vir ons ja, sal daardie boek net wees wat nodig is om miskien beter te kan verstaan.
Daar is baie siek mens in die lewe, en deur stil te bly maak jy jouself net so skuldig. Ek bid vandag vir almal wat ‘n moeilike lewe het, en vir die wat geen probleme het nie, gaan vandag op jou kniee en ipv oordeel, sê dankie en ook dankie byvoorbaat dat so iets nooit met jou of jou kinders sal gebeur nie. Kinders het ‘n manier om hulself vir baie te blameer sonder om beter te weet. Egskeidings is ‘n goeie voorbeeld hiervan.
Amor, hoop jy gaan van krag tot krag. ek gaan beslis die boek koop en lees.

Maggie van Zyl ·

Tray, dit is nie te laat nie. Vat ‘n dik boek en begin skryf. Vandag, more, maak nie saak hoe lank dit vat nie. Al is dit nie in die betrokke tydgleuwe soos dinge plaasgevind het nie… Vertel eerlik soos jy dit onthou. Hoe dit jou laat voel het, wat jy gedink het, en wat jy op daardie oomblik aan die persoon wou doen wat dit aan jou gedoen het.. (al voel jy silly om dit swart op wit te sien, moet nie skuldig voel oor jou gedagtes nie) Dit is regtig ‘n goeie manier om deur dinge te werk, hierdie is net vir jouself. Wanneer jy klaar is met jou ‘boek’, maak ‘n kampvuur, soos jy dan weer bladsy vir bladsy vinnig deurgaan (met tissues langs jou), sit daardie bladsy in die vuur. Dis ‘n deel van jou lewe wat verby is, deur eerlik te skryf het jy dit in ‘n mate herleef, en bietjie ‘gesond’ geword, en deur dit dan te brand, simbolies daarmee gedeel.. Soos die bladsye die een na die ander in die vlamme verdwyn, vra jy ons Vader om jou te herstel, en deur daardie spesifieke seer te dra. Doen dit, dis belangrik. Jy gaan nie vergeet nie… maar dit sal hopelik vir jou makliker wees om aan te gaan, en sekere van die goed wat gebeur het, opsy te skuif, en aan te beweeg. Sterkte.

Oosie ·

Dankie vir die mense wat positiewe kommentaar gelewer het. Lees gerus die boek! As berader het ek al meer as 20 jaar se ervaring op hierdie gebied en dit is uiters kompleks en uitdagend, maar ook ontsettend lewensverrykend. (Moenie eers probeer kommentaar lewer m.b.t. onderwerpe of terreine waaarvan jy geen benul het nie, Jy maak ‘n totale gek van jouself).

tess ·

Tray, wat jy geskryf het, het my diep geraak, ek het n wonderlike kinderlewe gehad, en ek self het n dogter, ek beskerm haar met my lewe. dit is so hartseer dat ander kinders mishandel word ens. Dit is n ouer se plig om hulle kinders te beskerm en lief te he, elke kind verdien dit.

brenda ·

Ek wroeg deur die boek; ek word opnuut woedend elke hoofstuk; Amor sterkte in jou lewe; maar glo my jy is beter as ek; sou NOOIT kon sê; Ma eks lief vir jou nie; hulle was volgens my psigopate ; onstabiel; wreed ; genadeloos en my hart bloei al jare vir die ouers van die dogters wat verdwyn het!

Lynda ·

Liewe Maroela lesers, kan ons nie maar net kommentaar lewer op die BERIG en ander mense uitlos wat hul kommentaar tov die berig lewer nie. Hoekom mekaar se opinies aanval?

tinah ·

Hoe weeeeeeet mens of jy n goeie ma was? of jy nie maar ookkkkkk wonde veroorsaak het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.