Jong seun vasbeslote om droom te bewaarheid

Tristan

Foto: Facebook/Tristan’s-wish.

Tristan Moore (12), ʼn kranige skopbokser van Velddrif aan die Weskus, is vanjaar vir ʼn derde keer na Amerika genooi om deel te neem aan die NMA-ISKA Skopboks-wêreldkampioenskap in Orlando, Florida. Hy kon die vorige kere nie die reis bekostig nie, maar is vasbeslote om Suid-Afrika vanjaar te verteenwoordig.

Volgens Tristan spaar hy elke moontlike geldjie en verkoop elke Vrydag worsbroodjies by sy skool om geld in te samel. “Ek het al omtrent R2500 gespaar.” Volgens ʼn vriend van die gesin maak Tristan baie opofferings om te spaar vir dié groot droom. “Hy spaar elke sent van sy sakgeld, hy het omtrent nie meer ʼn sosiale lewe nie en hy bestee gladnie meer geld aan rekenaarspeletjies nie.”

Volgens Tristan se Facebook-blad het sy gesin selfs DSTV prysgegee om te spaar. “Dit was moeilik om televisie op te gee, maar ek wil so graag Amerika toe gaan. Ek doen alles wat ek kan en my ma en haar wonderlike vriende help ook om my droom waar te maak. Selfs my 80-jarige ouma help ook!”

Tristan beoefen dié intense sport al vir 5 jaar en mens kan hoor dat dié kind ʼn absolute passie daarvoor het. ”Skopboks leer my om myself te verdedig – ek geniet dit vreeslik baie.”

Besoek gerus Tristan se Facebook-blad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Johann ·

Ek bewonder jou vir alles wat jy en julle gesin opoffer Tristan! Ek praat uit persoonlike ondervinding. Hou so vol jongman en jy gaan die top sport in die lewe bereik. Daar sal wel van iewers hulp vir jou kom. Ek bid daarvoor. Sterkte!

Estelle Haward ·

Baie dankie Johann. Ek is trots om sy Ma te wees, hy is ‘n baie spesiale seunskind.

Estelle Haward ·

Baie dankie vir die heerlike artikel oor Tristan. Jong, hy droom groot hierdie jaar en omdat hy so hard werk aan sy sport doen ons alles wat ons kan om sy droom waar te maak. Amerika hier kom ons.

Silvia ·

Pragtige artikel oor Tristan – ons is so trots op hom! ‘n Ware inspirasie vir jongmense.

Hendrik ·

Hoe kan ons die jong man help met donasies? Ek is seker as almal ietsie gee sal dit al baie help. Help ‘n bietjie met inligting asseblief Maroela.

Estelle Haward ·

Ons het ‘n rekening vir Tristan oopgemaak vir sy toergelde waaruit alle kostes betaal word aan die verskeie instansies. Email my by [email protected] vir inligting. Baie dankie, waardeer die ondersteuning ongelooflik baie. Hy is so gemotiveerd en gedetermineerd om in Amerika deel te neem en ‘n beker vir SA en sy Sensei huis toe te bring.

Estelle Haward ·

Hallo Hendrik, baie dankie vir die belangstelling. Die gofundme page kan ons ongelukkig nie doen nie, moet Amerikaanse burgers wees. Daar is wel ‘n persoonlike rekening vir sy toer en die ander opsie is dat enige donasies direk aan die toeroperateurs gedoen word wat die toer reëlings hanteer. Kontak gerus vir Adele by Maroela Media op maroela@maroelamedia vir details. Baie dankie, Estelle (Tristan se Ma).

Ou Uil ·

Tristan, seun aktiveer vir jou `n “GoFundMe” rekening, sodat ons vir jou kan ondersteun.

Estelle Haward ·

Ons het die gofundme roete probeer, alles in dollars. Nog besig met die opstel en sal besonderhede op sy fb blad deurgee sodra opgestel is. Hy het ook ‘n SA rekening wat deur buite persone gekontroleer word vir die toer uitgawes. Baie, baie dankie vir die belangstelling en motivering. Hy is ‘n baie spesiale kind en baie gemotiveerd of vir ons ‘n beker huis toe te bring.

AB ·

Ek stem saam met Ou Uil en Hendrik, ek’s ook bereid om ‘n donasie te maak. Mense met passie inspireer my en ek glo ook almal wat hulle tee kom! GoFundMe is ‘n uitstekende plan!

Ella Hiles ·

Liewe Maroela, Kan ons asseblief n bank rekening nommer of ietsie kry waar ons die seun kan help om sy droom te laat waar word. Ek is nou wel nie in staat om alles te betaal nie maar Tristan net die feit dat jy bereid is om al jou bederfies prys te gee wys dat jy nie verwag als moet vir jou gedoen word nie. Wanneer moet hy gaan? Ek sal ten minste n R 100.00 bydrae elke maand tot jy moet gaan. Is hier enige ander mense wat bereid is om saam my dit te doen?

Estelle Haward ·

Baie, baie dankie. Kontak my gerug op [email protected] of deur sy fb blad sodat ek die nodige bankbesonderhede kan deurgee vir bydraes. Ons is so oorstelp met al die hulp en ondersteuning deur ons mense. Baie, baie dankie.

Mike ·

Kom ons staan saam Afrikaners,Maroela stuur asseblief,seker ons almal sal sy droom bewaarheid.

Landi Slatter ·

Dagsê,

Dankie vir almal se navrae. Indien enige lesers vir Tristan finansiële bystand wil aanbied, of meer wil uitvind rakende sy projek besoek asseblief sy Facebook-blad hier. Stuur sommer ‘n boodksap of maak ‘n inskrywing op sy ‘wall’.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Estelle Haward ·

Baie, baie dankie aan al die ondersteuning. Hierdie klein mannetjie werk baie hard om sy droom te bewaarheid en ek is super trots om sy Ma te kan wees. Kontak ons gerus deur sy fb blad soos Landi van Maroela Media aangedui het en ons sal die nodige bankbesonderhede deurgee.

Henko Pienaar ·

Dit is hoe dit gedoen moet word. Nie deur alles af te breek en te demand nie, maar om opofferings t emaak en te werk vir wat jy wil hê. Baie geluk Tristan, ek hoop regtig jou droom word waar want jy verdien dit.

chris ·

Wat ‘n inspirasie is die jongman . Ek dink dit is tyd dat ander jongmense en ja, ons oueres ook by hierdie jongman kan leer oor dissipline, toegewydheid en geloof. Baie sterkte ek weet jy sal dit maak. Sal ook graag donasie wil gee.

Estelle Haward ·

Baie dankie Chris. Hy is vir ons almal ‘n inspirasie met sy nederigheid en deursettingsvermoë. Baie trots op hom. Kontak hom gerus op sy fb blad vir besonderhede vir bydraes.

Eliza-beth ·

Ja maar maak asb dan so fonds oral bekend wan tek is en WIl nie opfb wees nie. Ek hoop die seun of sy ouers lees hier en begin so storie – dit wat hy nou reeds gespaar het is BITTEMIN. Ons is al klaar paar mense hier wat wil help so abs, Maroela kan jul opvolg en ons op hoogte hou – ek is nie op fb en sal dus nie weet as hy so iets begin het nie.

Eliza-beth ·

Haaastigheid – verskoon tog vingerfoute ek is seker almal verstaan wat ek probeer sê. Maroela, asb hou ons op hoogte!!

Estelle Haward ·

Hi Eliza-beth, kontak asseblief Maroela Media direk vir ons persoonlike besonderhede vir bydraes – ek mag ongelukkig nie epos of enige ander persoonlike inligting hier weergee nie. Ons is besig met ‘n fundmepage en sal details deurgee sodra op dreef. Baie, baie dankie.

Louise ·

Mooi storie ja. Maar moet asseblief nie hierdie pragtige kind blootstel aan “bedel” nie

EMK ·

Louise – ek dink darem nie dis besig om te gebeur nie, hy werk hard met verkoop van worsbroodjies ens. Sterkte ou, hopelik kom jy reg – hou ons op hoogte dmv Maroela!

Estelle Haward ·

Baie dankie vir al die mooi woorde en ondersteuning. Louise ek dink nie ons hoef bekommerd te wees om hom aan “bedel” bloot te stel nie, hy doen soveel self, hotdogs wat gemaak word en reelings wat getref word en het soveel persoonlik opgeoffer vir sy droom. Die realiteit van die situasie is egter dat ons nie kwalifiseer vir vir sport borgskappe of bydraes vanaf groot maatskappye nie in die huidige politieke omstandighede nie.
Elisa-beth – baie dankie en kontak my gerus op my persoonlike epos vir enige verdere inligting [email protected]. Ek het ook vir Maroela Media gekontak om uit te vind hoe ek elke boodskap en aanbod persoonlik kan hanteer vir sekuriteits en privaatdoeleindes.

Baie dankie aan een en almal wat in Tristan se droom deel en in hom glo. Hy is ‘n besondere kind.
Estelle

Estelle Haward ·

As enige iemand kontak besonderhede benodig wat nie deur faceboek gekom kan word nie om Tristan te help, kontak asseblief vir Maroela Media by [email protected] en hulle sal die nodige kontak besonderhede deurgee. Baie dankie, Estelle, Tristan se Ma.

broos ·

ek het skoon trane! na die afgelope paar weke se afbreek stories is hierdie regtig inspirerend. nerens in die artikel vra die kind vir geld nie, dis ‘n dood eenvoudig storie wat vertel van ‘n jong man se droom en sy eie harde werk om dit waar te maak. dis nie bedel as ander self aanbied om te help nie….ek gee 100 keer eerder my geld vir die doel as vir die sleg langs die pad! Sterkte Tristan en ons is trots op jou boeta!!!

Estelle Haward ·

Baie dankie vir die bemoedigende woorde en ondersteuning. Jy is reg “broos” hy is trots Afrikaans en vra nie vir geld, deel net sy droom en dit wat klein begin het is besig om ons voete onder ons uit te slaan. Die absolute positiewe reaksie van mense op sy deursettingsvermoe en planne en bydraes wat hy self maak en ure wat hy insit is ongelooflik. Ons is trots op ons mense! Ek is so trots op hom en die kind wat hy is en grootmens wat hy eendag gaan wees.

Eliza-beth ·

AANDAG MAROELA: soos bo genoem deur Estelle, kan u asb haar persoonlike besonderhede na my epos adres aanstuur. Sal dit baie waardeer! Dankie

Landi Slatter ·

Dagsê Eliza-beth,

Dakie vir jou navraag. Ek het jou persoonlik per e-pos geantwoord.

Landi
nms Maroela Media

Eliza-beth ·

Estelle, Maroela het my beslis gekontak. Die joernalis van genoemde artikel is eers Maandag weer op kantoor en sal my dan jou besonderhede laat weet. Net dat jy weet ek maak nie net praatjies nie! Groete en sterkte.

Salome ·

Maroela Media, kan julle asb vir my ook die besonderhede stuur. Ek sal baie graag wil bydra tot Tristan se droom.
Baie dankie!

Nico Strydom ·

Dagsê Salome
Ons maak so.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Andre van der Bank ·

Pragtig. Gee asb die gofundme details deur. Hier is n klomp Suid Afrikaners in Amerika. Sal dit hier aanstuur.

Estelle Haward ·

Hallo Andre, baie dankie vir die belangstelling en ondersteuning. Jong, as nie-Amerikaners sukkel ons met die opstel van die gofundme page, mag slegs gedoen word deur VSA Burgers. Ons het ‘n spesiale rekening, wat gekontroleer word, vir hom in SA oopgemaak. Die ander roete is Paypal ook teen more aan die gang behoort te wees. Groete uit sonnige SA en geniet die VSA. Weereens baie dankie. XX

Sakkie kruger ·

Landi
Sal jy asb vir my die klein “GO GETTER” se besonderhede stuur

Nico Strydom ·

Dagsê Sakkie
Landi sal Maandag die besonderhede stuur.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Magda ·

Maroela stuur my sy bank besonderhede ek het nie facebook nie
wil ook n geldjie gee. Dis so belangrik vor hom en hy verdien dit

Nico Strydom ·

Dagsê Magda
Landi sal Maandag die besonderhede vir jou stuur.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Estelle Haward ·

Die kommentaar en bemoedigende woorde en ondersteuning deur ons mense is absoluut ‘n riem onder die hart vir Tristan en ons, as familie. Ons kan op hierdie stadium, te dankie aan al julle amazing ondersteuning, vir sy SA Amptelike Klere en visa betaal. Baie, baie dankie ons waardeer elke bydrae. Die gofundme pad gaan ongelukkig nie werk nie, as nie-VSA burgers raak dit ‘n baie duur storie. Die ander opsie wat ons na kyk op hierdie stadium is paypal wat gekoppel sal wees aan Tristan se fb blad. Weereens baie dankie en met ons amazing mense het ons sommer weer moed vir ons pragtige land ook. Ek sal ook aan Maroela Media die nodige huidge bank besonderhede deurgee sodat hulle kan deurgee soos wat mense aanvra. Die ander opsie is om ons direk te kontak op [email protected] vir sy bankbesonderhede of op Tristan’s Wish se fb blad te versoek. Lekker week en weereens baie, baie dankie vir die oorweldigende reaksie van amazing mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.